Dit is 8 minute na middernag en die blitzbokke draf op teen Fiji en die opwindende vandag het my steeds op die punt van my bed. Die opwinde van my jongste kind se 7de verjaarsdag, die opwinde van AB de Villiers se 100tal, die opwinde van hoe die sevens span my laat voel het in hul wedstryd teen Australië met dai blitzkrieg in die tweede helfte. Die opwinde het my laat regop sit. Later gaan ek vir my 8ste chemo sessie en ek kan nie wag om my nuwe kanker merkers te kry nie. Nog net 4 sessies oor Stanton, prt ek met myself in spieël. Eks super excited.... Met my volgende sessie was die mat onder my uitgeruk toe my kanker telling geklim het van 3000 na 3500. Dit het almal na aan my bekommerd gemaak so erg dat ek moes gaan vir n tweede opinie by die cancer care sentrum by Cape gate. "Stanton jy moet die kanker sien soos n brand en ons kan iets doen om die rook onder beheer te kry maar ons kan nie die vuur blus nie" het Dr Jacobs vir my en my vrou gesê. Ek kon my vrou ...