Dit is 8 minute na middernag en die blitzbokke draf op teen Fiji en die opwindende vandag het my steeds op die punt van my bed. Die opwinde van my jongste kind se 7de verjaarsdag, die opwinde van AB de Villiers se 100tal, die opwinde van hoe die sevens span my laat voel het in hul wedstryd teen Australië met dai blitzkrieg in die tweede helfte. Die opwinde het my laat regop sit. Later gaan ek vir my 8ste chemo sessie en ek kan nie wag om my nuwe kanker merkers te kry nie. Nog net 4 sessies oor Stanton, prt ek met myself in spieël. Eks super excited....
Met my volgende sessie was die mat onder my uitgeruk toe my kanker telling geklim het van 3000 na 3500. Dit het almal na aan my bekommerd gemaak so erg dat ek moes gaan vir n tweede opinie by die cancer care sentrum by Cape gate. "Stanton jy moet die kanker sien soos n brand en ons kan iets doen om die rook onder beheer te kry maar ons kan nie die vuur blus nie" het Dr Jacobs vir my en my vrou gesê. Ek kon my vrou se sagte oë sien verdwyn en dit het verander na leë uitkyk in die verte. "Stanton jy gaan ooral in die wêreld dieselfde behandeling kry" en skielik voel ek, ek het almal wat vir my bid en ondersteun gedrop in my geveg teen die kanker. "Hel Stan almal belê so baie in my met hul tyd, liefde en omgee en jy produce nie bra?" Vra ek vir myself. Jyt nou n keuse of jy gaan lê of jy gaan weer opstaan en dans.
Ek het die voorreg gehad om my voogde op hoërskool te gaan groet en middagete te geniet op n balkon in seepunt met die 2 wonderlikste mense op die aardbol. Tannie Jackie en Oom Piet ouers van my beste vriend op skool Jacques Krynauw was baie goed vir my en ook so baie in my belê. Na amper 20jaar se laas gesien is die haarkleur al wat verander het. Hul albei se haar kleur het silver geraak maar die wysheid en positiewe uitkyk, steeds dieselle. Iets wat my by gebly het was Oom Piet se "ja" uitkyk op enige prentjie voor hom. Met sy girl aan sy, sy het hy my baie geinspireer. "Stanton om niks te doen is n keuse en dan doen jy ook iets" het die Oom gesê in sy koel en kalm demeanor. Dit het my laat dink. Wat gaan jy doen Stan?
Ek het besluit om te dans want more speel my liedjie weer. Jy moet sterker raak Stan en meer selfsugtig raak oor jou gesondheid ons almal moet. Hel ons het net een liggaam gekry en ons moet daarna kyk. En ons moet baklei om die beste te doen vir jou liggaam. Dis n keuse. En keuses maak van wie ons om die oueind gaan wees. Ons prt oor die verskil van myself en die ou wat op n kartbord box slaap op straat. Die gevolgtrekking is dat ek dalk net meer beter keuses gemaak het as dai ou. En dit wys hoe belangrik dit is om die regte keuses te maak in ons kort tyd op die aarde.
Ek is in beheer oor my eie keuses en ek moet mansgenoeg wees om dan verantwoordeliheid te neem vir my keuses. Ek het dit mos geneem. Niemand anders nie. Maart is sooo n besige maand en die komende Saterdag is my beste vriend en vrou se verjaarsdag. Sy help soms, nee baie met my keuses. Hel sy maak soms die keuses vir my!?.....Wel ek dink daars menigte wat in dieselle boodjie is. Dieselfde dag die komende Saterdag is ook die Cancer relay op Parysvelde. En die Vrydag is my 4de praatjie by Imperial Cargo se shavathon. Besige week met die chemotherapy wat in die agtergrond ook speel.
Ek glo my reaktiewe depressie is agter my en ek voel nou soos n afsponsde bokser in die 8ste rondte met n vars gumgaurd in my mond. Ek is reg vir wat kom al het die dokters my nog net n paar jaar gegee gaan ek die prognose statistieke verander!
Met die krieket seisoen wat geindig het met n wen vir die eerste span maar n verloor vir boys die 2de span moet ek iets anders kry om my brein aan die gang te hou aangesien ek nie aktief kan werk nie. Ek wil net dankie sê vir die seuns en hul ouers vir die ondersteuning asook vir die skool se administrasie vir jul ondersteuning en die skouer in my tyd van nood.
So mense kom ons praat mooi met mekaar en luister meer en dink bietjie oor ons keuses wat ons maak. Onthou egter die keuses het n invloed op alles en dat ons mansgenoeg net moet wees om verantwoordig te wees vir ons keuses. Ps die Blitzbokke verloor toe die semi teen Fiji.
Mooi praat
Mooi loop
Mooi kies.
Liefde
Stanton
SIZES
ReplyDelete