Skip to main content

#TurningPoint







Junie....



'n Baie besige en exciting maand in die Kamalie gesin sê lewe. Kom ek vertel hoekom, Lesinda my suster verjaar die 10, ek en my Pa verjaar die 13de en Ceazar en Zhete verjaar die 26ste en dan is daar nog Vadersdag ook. Die 9de was egter eers weer n dag rollercoaster dag wat ekt n kaartjie gekry om voor in die Cobra te sit. Ek was baie excited want al die kinders het gaan kuier en eks en vroulief was alleen saam die naweek. Ek beplan dat ek vir my deksel lekkerr ontbyt in die bed sou maak maar ek skrik wakker met die weirdste gevoel. So deurmekaar my medula obligata het in my poephol gesit. En sprint soos Wayde van Niekerk in die gang af en begin braak dit word roetine sodra ek iets eet moet ek hol.



Maar my spoed begin afneem so papper ek raak en begin lyk soos Os Durant later. Niks bly binne en "Zelda Le Grange" moes valoids gaan kry dit het die job gedoen en als bedaar eers en ek kon my suster se verjaarsdag die volgende dag met my familie geniet. Baie geluk Lesinda en dankie dat jy my plek so baie moet instaan en my dra terwyl jou rug soms ook seer is maar jy verkies liewer om my geluk voor jou te sit.




Die week wat volg is almal besig en ek weet my vrou reel n biduur vir my maar hel ekt geweet dit gaan nie n gewone biduur wees nie want SHARNE KAMALIE reel dit. Net ietwat telleurgestel hoekom het sy nie vir Altus of Nicolette die bure genooi niee. Hoekom het sy nie vir Gerhard Kemp genooi nie, want hulle weet niks van die biduur nie. Soos ek by die saal aankom toe weet ek hier gaan iets anders aan. Ek moes buite wag en my dogters kom haal my. Uitgetof in 'n Black on Black outfit en voel soos Denzil Washington by die Oscars en die almal is daar. Ja Altus, Nicolette en JC ja Gerhard jyt my ook lekker gekry. Almal was daar wow die saal lyk stunning als lyk smart en ek kry 'n aand vol bling en verrassings met tot manne soos AB de Villiers wat my via video gelukwens Jayte uit Uganda en vele meer. Die room op die koek was Tylo wat my gunsteling Elvis liedjies gesing het en ek moet met my vrou dans. Die kersie op die koek was hoe stunning, gorgeous en sexy my vrou gelyk het.


Die verrassings stroom net in en Buckets of hope sit ons die volgende dag op die vliegtuig Joburg toe. Op die vliegtuig geklim en n wolkbreek vang ons asof die Kaap huil ek gaan bietjie noorde toe. Klim by die lughawe af en daar kry ek my volgende verrassing. Lappe Juandre de Villiers hy wag my in met n bordjie met my naam op asof ek hom nie gaan erken nie. Ek versmoor hom amper tot hy bloutrek van blydskap. Ons verdwaal soos ons die kar soek. Na so halfuur kry ons die wit wit Hyundai elantra en ry na ons bestemming. Nog verrassing, ons gaan tuis by Petrus Stephanus de Villiers beter bekend as Fanie de Villiers.




Wow what a gentleman, ek sit en wag vir hom in sy krieket museum en ek voel soos n kind in n sweets winkel. Terwyl ek in die antieke hout leesstoele sit hoor ek sy stem buite. Hiers dit nou sy teenwoordigheid lig somaar die kamer met sy glimlag so breed soos sy skouers. Hy dra n sling want hy het n skouer operasie gehad en ons groet. Gemaklik voel ek binne sekondes en hy vra ek moet die balle pak ons gaan n pool game speel. Met seer skouer en al wen hy my amper en ek wen hom met n tegniese fout toe hy die swartbal en die witbal albei sink.



Ons praat oor die tekort aan empatie in ons land en hy laat my dinge uit n ander kant sien, veral as dit by afrigting kom. Ons gesels krieket en hy wys my n stel wedstryd balle wat die proteas gebruik het in 'n toets dieselfde stel balle wat die Pakistani's gebruik het ek verstaan hoe Waqar en Wasim reverse swing so vroeg kon kry. Kyk dai manne het gelyk asof hulle boul sonder om onderbroeke te dra want hel hulle balle kon swaai!


Die volgende dag vertrek ons Groblersdal en ontmoet vir Fanie en Lizette Nell. Fanie is ook n pankreas kanker pasiënt en gebruik ook intervene wat ek gebruik. Sy vrou Lizette maak vir ons lekker gesonde quiche en slaai en ons gesels in hulle pragtige huis bo-op die koppie van die plaas. Ons siekte sit ons op dieselfde vlak en kon gesels soos manne wat mekaar al jare ken. Ek leer baie by sy geaardheid sy glimlag is aansteeklik en sy vrou die kunstige stil en georganiseerde een agter die gordyn wat sorg dat Fanie net die beste van als het. Hulle warmte en liefde gee ons n lekker nagrus. En ons vat die pad terug Lyttelton toe. Lappe gaan wys ons sy klub Irene met top fasiliteite met n buiteveld wat enige veldwerker se droom is.


Ons gaan sien toe vir Dr Golding ook n expert met my siekte en ek koop my ander medikasie by hom. Sjoe dit rug my sak maar jou gesondheid kom eerste sal my vrou altyd sê. Die aand gaan ontmoet ons vir Jhonny wat die intervene verkoop en koop my medikasie somaar van die sakgeldjie wat ek by die gaste van my snazy party gekry het. Jhonny is 'n trotse griek met sy nat lang hare wat lyk asof hy dit met vissolie gekam het. Die ou het ook hoop vir my en hy glo ek kan die fight wen.



19h00 groet ons vir Jhonny in Wimpy by die Centurion mall en ry Nigel toe. Op die highway tref daar n hittegolf my en die water begin loop soos die Vic falls van my voorkop. Ek trek my klere als uit en ek kan die pyn nie meer verduur nie. Dis baie rof en ons stop by die naaste vulstasie en Lappe dra my toilet toe. Ek het n nr 2 en dit voel asof ek drie maande se bagasie aflaai in dai toilet. Eks steeds yskoud en wil braak buite en ek kruip amper terug kar toe met my wingman Lappe aan my linkerkant. GPS vat ons toe na die naaste hospitaal in Midrand regoor die mall of Africa. En ek gaan aan soos n bestende wat n demoon in my liggaam hom kom tuismaak het. Ek gaan tekere soos die mense op dai Flakka video clips met bloed oral raak ek van my kop af van die pyn.




Ek sien my vrou in die deur staan ek roep haar en wil net vir oulaas aan haar raak en haar reuk kry en haar hare vat en haar vashou. Ek was reg om te groet. Lappe skree huilend vir my "Asb coach moenie nou gaan nie jy kan my nie nou los nie coach baklei asb coach". En ek weet wat gebeur nie maar toe weet ek nie wat toe gebeur nie. Ek maak my oë die volgende oggend 08h15 oop in n vreemde kamer die Here het my nog n kans gegee. Amen! Toe ek opstaan om pypie te laat aftap sien ek die bra in n wit suite, die kamer is vol wit suites en drentel daar rond en lyk soos albino penquins. Wow dit die hemel? Of is dit die hel als metso inplek.





Later met my gevolktrekkings moes ek almal uit die venster gooi. Dus toe Lappe en my by die deur inwandel en hulle lyk nogal na n oulike couple. Morning! Morning! Word ek met staatsgreep gegroet. Die coolste van als is die twee tannies van New Orleans wat ook hier is Suzie en Linda, ma en skoonma.

Maar hul was voorgespring deur Deon en Lenie van die Eersterus VGK gemeente en binne minute het hulle n ketiing gebeds wat vir Deon om te begin bid. Met sy stem soos James Earl Jones was dit asof God deurhom met my praat... Dankie julle en ekt nuwe vriendd gemaak vriende in God.





Die volgende dag was Vadersdag en almal besluit om kerktoe toe gaan by Doornbosch en n predikant met n rooi mannebolla preek en ek kan my indink dat die NGK dit met n bietjie sout moes afsluk tot Fanie is deel van die anti bolla Kommitee. Na die diens kom vra die Dominee maar wie is die vreemdelinge in die kerk. Eks van Paarl Ds en die tannies is ook van die Paarl. Ds sê maar hy het in die Paarl skoolgegaan. Watter skool Ds? Vra Lappe, boeta daar is net een skool in die Paarl die res is inrigting. Paarl Boihaai my seun. Skielik is lappe excited en die mense rondon hom. Hy vertel die Ds dat sy coach is in die hospitaal hier en hy stel hom voor aan my vrou en ma's. Wat is u seun se naam Tannie? Stanton Kamalie maar dit lyk of dai ginger bolla se kleur in blou verander. Ds Chris Swart het voorry vir die chiefs en tweede span gespeel met my en het vir jaar na skool by my gesquad in Akkerhof Stellenbosch, seker dis sekerlik my vingerafdrukke op hom toe terugkom na my. Dankie Ds Chris Swart vir jou geestelike lyding ook.



Dr Baragwadeen sy lyk soos Demi Moore en dra n size 11 skoen en diagnoseer septicimus n bakterieë in my bloed die Maandag is ek ontslaan en ons besluit ons ry met die Gautrain lughawe toe betaal R200 vir jou kaartjie Suzie en Linda probeer nog onderhandel vir pensioners discount. Maar geen afslag nie. Kom waar ons die trein inwag en oor louspeaker blêr daar n lugwaardin aksent. "Due to cable theft our trains wil be delayed by 20min. Met 3 krieket sakke en nog ander nagosie ware wat Fanie se ma vir my ma's gegee het. Ready for action toe die train n 1uur later opdaag spring ons dai Noord Siberiese katte of apies op dai trein. Soos Sardiens travel ons. Die volgende stop klim baie af en ek weet ons gaan dit nie maak nie. Oppad lughawe is die trein leeg en Linda beland op haar sterre van die stoel mis sit. Toe die trein stop by OR Thambo is Sharne soos n wafferse Caster Semenya en Lappe Wade v Niekerk daarweg soos mus voor die son.

Ons het kalm agterna gestap op ons slakke spoed. Toe ons daar aankom het ons die vlug verpas. R2400 later kan ons op die volgende vlug Kaaptoe. Gelukkig was Lappe betyds en besluit soos die gentleman wat hy is hy wag vir ons by Kaapstad lughawe met sy ouers en ou pel Morras ons leggy bouler van 2017.

My twee swaers is regtig een dai Marvel karakters en net hulle het mag en tyd liefde en geduld om ons soos celebrities laatvoel het. My kussings en komberse wag in bus vir my en ons is oppad Christian Barnard hospitaal waar die nood dienste vir ons inwag almal reeds ingelig en dis vinnig en my antibiotika is aan en my pyn uitgesorteer. Dinsdag is ek oorgeplaas na Paarl Medi clinic en almal ken ook al die Stanton liedjie en ek loop reguit deur na my kamer B17.



"Onverwags en onvoorbereid staan jy voor n gebeurtenis wat lewe onheroeplik en pynlik verander. Dit kan die ernstige siektes of dood wees of n terminale siekte wat by joun pel of familie wat daarmee gediagnoseer word. Dink aan aangebore of ongeluksverwante stremdhedewat n fisieke emosionele en finansiele uitwerking het.

Ook misdaad bring pyn leiding verlies of dood. Egskeidings, gesinsgeweld en selfdood neem toe en raak n groot deel van ons samelewing. Die pyn van kinders wat met dit deurgaan is nog vars vir my.

Ons lewe word geruk, ons bootjies word geskud, en tog moet ons aangaan. Dis net genade as jy n punt kan bereik waar jy sê:
Aanvaarding.

Asb ondersteun ons funksies sonder julle ondersteuning gaan dit bra moeilik gaan.

Mooi wees
Mooie empatie
Mooi loop

Baie liefde

Stanton Kamalie

Comments

  1. Maat, jy is werklik ń inspirasie vir so baie mense. Dankie vir die voorreg om deel te kan wees van jou reis. Sterkte vir jou en jou gesin. Ek bid vir jou genesing. Neville vannie Worcester.

    ReplyDelete
  2. Ek kan nie beskryf hoe ek voel toe ek in die Kuier van jou reis uit lees nie. Jy was soos familie in ons huis alhoewel ons jou nog nooit voorheen ontmoet het nie. Jy was so ń inspirasie vir my en baie ander weet ek. Ek was ook in Maart 2019 gediagnoseer met fase 4 kolon kanker en jou blog het my soveel gehelp om nie te gaan lê maar elke oomblik terug te veg. Dankie vir dit maat ...ek sal jou nooit vergeet. Sterkte aan jou vrou en dogters .

    ReplyDelete
  3. Thanks for sharing Nolene ... such a humble guy & you guys are in our prayers always ... God is good & great all the time.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

Hoop

Dis 14h30 Dinsdag 27 Maart en ons is besig om deur die laaste boarding gate deur te gaan oppad na die vliegtuig. Ons word gestop en meeste van ons toiletries word afgevat volgens die reëls. Die kuier oppad na ons vriende in Uganda begin op n slegte nood en ek moes my vrou opbeur nes sy my moes opbeur toe tyd aan my kant afgevat was. "Liefie ons kan dit vervang maar vir jou kan ek nie vervang nie. Sy wou die goed vir naaste KFC vat en vra of hulle dit kan hou tot ons terugkom. Dit het my laat dink, wens ek kon my siekte iewers solank bêre en doen wat ek wil doen, terugkom en dan voort gaan met die geveg, maar die lewe werk anders. Ons vertrek so 30 minute laat oppad Addis Ababa toe en die 6ure en 30 minute het soos 'n ewigheid gevoel veral met 'n verveelde 7jarige en my boude voel soos Rudy Paige sin van op die plaas vervanger bankie moes sit. Op Addis wag daar n vliegtuig vir ons en ons spring op die volgende een oppad Entebbe toe Uganda! Als verloop seepglad sov...

Tot my piering loop oor...

Julle sal met my saam stem hoe ander jou kan laat voel. Dit reen en almal is somaar in n goeie mood in die Kaap. Die splinternuwe uit die boks uit Tamaryn Green vertrots die Paarl toe sy die kroon wen, en die Aswhin Wilemse woord judo met sy kollegas hoe dit ons almal laat voel het. Ons almal het n verantwoordelikheid want ons het almal 'n impak op ander se lewe....ek het mos n hekel aan of n "broertjie dood" soos Dieksie van Worcester altyd sal sê, as mense net aan hulself dink en glad nie worry hoe hul ander laat voel nie. Ek stem saam met Jo Black wie se missie statement is, om iemand soos iemand te laat voel want niemand verdien om soos niemand te voel nie. Dit sê baie van jou karakter hoe jy kan sit met konings en dieselfde tyd met die hawelose ook. Ek het so 'n lekker moedersdag gehad met my eie ma en my skoonma en my vrou te lekker seker want eks huistoe met erge pyn en n koue koors ekt gebewe soos iemand wat toegesluit was in n walking fridge. Eks...