Skip to main content

Hoop



Dis 14h30 Dinsdag 27 Maart en ons is besig om deur die laaste boarding gate deur te gaan oppad na die vliegtuig. Ons word gestop en meeste van ons toiletries word afgevat volgens die reëls. Die kuier oppad na ons vriende in Uganda begin op n slegte nood en ek moes my vrou opbeur nes sy my moes opbeur toe tyd aan my kant afgevat was. "Liefie ons kan dit vervang maar vir jou kan ek nie vervang nie. Sy wou die goed vir naaste KFC vat en vra of hulle dit kan hou tot ons terugkom. Dit het my laat dink, wens ek kon my siekte iewers solank bêre en doen wat ek wil doen, terugkom en dan voort gaan met die geveg, maar die lewe werk anders.



Ons vertrek so 30 minute laat oppad Addis Ababa toe en die 6ure en 30 minute het soos 'n ewigheid gevoel veral met 'n verveelde 7jarige en my boude voel soos Rudy Paige sin van op die plaas vervanger bankie moes sit. Op Addis wag daar n vliegtuig vir ons en ons spring op die volgende een oppad Entebbe toe Uganda! Als verloop seepglad sover en ek wonder oor ons sakke maar als het saam gekom sonder worries dit was tog buite my beheer so hoekom worry?!



Die humiteit klap jou soos n Kallie Knoetze/ Leon Schuster regter en slaan jou vol in die gesig toe ons afklim in Entebbe wat stoel beteken. Dis waar die verskillende tribes hul sittings gehou en en vandaar die naam, Entebbe. Martin ons drywer neem ons na ons hotel 2 friends en als lyk soooo skoon in die plek. Ons was verwelkom met n drankie en baie belangrik n wifi pin om ons kontak met ons geliefdes net aan te sit. Al die beddens in plekke bedek met muskiet nette en dit gee jou net dai gevoel van rustigheid en omfermde gemak asof jy in jou gemaksone inklim van slaap.



Die volgende oggend is my jongste soos n kind in n speelgoed winkel en wou als inneem en ervaar. Ons het kennis gemaak met die grootste pineappels groter as my kop en min dinge in die lewe is so groot soos my kop. Dus my 9de huweliks herdenking Jayte Slabber my vriend het ek 23jaar laas gesien en al wat ons gemeen het was ons skool, hy het als moontlik gemaak en hy is tiepies klokslag 12h00 by die hotel. Soos belowe....hy word vergesel deur Conway Hardine en ek het eers gedog dis n blanke ou. Met ons gesels hoor ons hy is ook n Paarliet en sy ouers bly om die draai van myne in New Orleans en moet vir hom sê: Nei my broe awe my masekind, wel in my gedagtes want die bra praat al heeldag Oxford Afrikaans met almal. 4 Paarliete om een tafel in Uganda. So cool!



Ons ry toe Kampala toe en Jayte voor die stuurwiel met sy splinternuwe tweede handse Ford Ranger bakkie met n paar vender bender houe en ek sou gou verstaan hoekom die GM van Shoprite Uganda in so n bakkie ry. GEORGANISEERDE CHAOS is daar nie n beter byvoeglike naamwoord vir die traffic en bestuurs kultuur in die land nie. Soos n swerm bye weet elkeen waarheen hy gaan op sy manier en niemand raak kwaad vir die manier hoe ander die pad gebruik nie. En die land het seker 5 robotte. Boda bodas word die werkerbye gesien in my oë n klein poegie tipe motorfiets gemaak vir maksimum van 2 passasiers maar tot 4 passasiers was gelaai op dai fiets dat die drywer op die petroltenkie sy sitplek inneem. Hulle is vollop soos n Dreyer boorgat pomp nou in die Kaap.



Jayte ry al nes hulle soos hulle sê "when in Uganda, drive like a Ugandan". Skielik sien ek n taxi met n groot sticker op sy agtervenster God's power en ek besef hoe dai bra veilig elke aan by die huiskom. Die pyn in my lewer groei met my excitement om in die land te wees met n goeie vriend. Muzungu noem hulle die blankes in die plek vertel Jayte terwyl ons verby Kawembe plaza ry in die distrik en die beduidende gaping tussen ryk en arm is so groot soos die Namib woestyn. En dit bring my hard aarde toe hoe die kinders rondloop en water gaan tap my n gemeenskaplike kraan en ek ry rond met n koeler boks vol non Alkoholiek bier.



Ons is verwelkom deur Michelle Jayte se alles en bruid en ontmoet almal agter ons selfoon skerms. Pragtige huis omring deur die pragtige inheemse plante en twee worshondjies en my jaloesie vir reën wat val is so groen soos hulle grasgroen buffalo grasperk langs die huis. Die dowwe pyn in my lewer het my verlof gegee na ek Michelle se braai broodjies en slaai sien. Die kortste pad tussen Uganda Kampala tot in Paarl Suid Afrika was dai braai broodjie en ons gebraai beesfillet op die kole. Pieter en Madelein het ook ons vriende in Olives geword. Pieter het my gewaarsku "die vleis in Uganda is so taai soos n hoer se gewete" en dus hoekom daar net fillet bedien word...







Volgende dag staan ons op na n lekker nagrus ek ek voel hoe my liggaam pyn maar die vooruitsig van die besoek was my morfien wat als laat verdwyn het. Ons is toe gepak die volgende dag na die Kawembe distrik na die Ziwas Rinho Sactuary en my oë val amper uit my kop soos ek die geheue fotos in HD vat my nek stuif van rondkyk. By die afdraai padstal eet ek my eerste "rolex" want enigiemand wat die plek besoek moet dit eet om gedoop te word as 'n kuiergas. Soos n student op Stellebosch wat hoop n akker val op sy kop in die groenlaan het ek my rooti gevul met eier geeet en dit was lekker.



Ons draai af na die Rhino sanctuary in die bos en met wit appies wat deur die bossies loer asof ons in gordyntjie dorp is. Ons stop by die kamp en word vriendelik verwelkom deur Peter wat Jayte Pieter noem met sy don cliché van "yes please en whereby". Ons kuier daar met die gesing van voels wat nesbou bo ons koppe en dis net die mannetjie wat nesbou en dan kom approve die wyfies die nessie. Omring deur slange muskiete massiewe miere en renosters moes ons vergesel word deur n bouncer met n AK 47 kamers toe ons was toe braaf en Camerom met sy ma se droom karretjie met kopligte op bright begely ons huistoe.




Vroeggond word ons wakker gemaak met koffie en ons is oppad na die hoofkwartier waar Roland ons inwag vir die Rhino tracking. Die afgelee plek het iets van als en die diens is skerp. Wie sou kon dink dat twee manne wat in die Paarl grootgeword het sou in bos sit en praat oor die toetsreeks van die proteas en Australia en een instansie wat ons bymekaar gebring het. En dus nie buildit it se skuurpapier nie. My liggaan skree van moegheid maar die adrenalien om n renoster is sy habitat te sien, oorskry als.




Ons kry die renosters en wat n belewenis, hulle eet 150kg gras n dag en weeg tot 6 ton en hulle maak glad nie hul oë toe. Almal fluister en tot Savannah en Hailey gebruik hul "inner voices" vir n slag. Ek bewe om te sien hoe groot die wêreld eindlik is en sien nou Paarl as n sandkorrel op die aardbol. Na n koue drankie vat ons die pad na Jinja en gebruik n kortpad en ons is 4 in Jayte se splinternuwe 2014 Ford ranger bakkie met die rekmerke op die sy, ek Jayte Cameron ,en nie Bancroft nie, en Koos Kombuis. En sy woorde die lewe is soos n bring en braai laat my dink aan die bring en braai wat ons het gestrek oor 4 dae in donkergroen Uganda. Ek sien die armoede en hoe day zero sou gewees het hoe klein kinders gaan water tap by n gemeenskaplike kraan. Van kleins af met my geel bottel gaan haal hulle water vir die huishouding. Skuldig en geseend voel ek en vergeet van my eie uitdagings.




Ons kom by "The Haven" uit terwyl ons deur n uitmergelende grondpad moes ry en dongas moes vermy op dai pad maar my genade volle lewe was gehighlight deur wat ek gesien het deur die vele village's wat ek gesien het met die ooraanbod van hekke beddens en kos teen die pad. The Haven is gebou op die oewer van die Nylrivier en die uitsig slaan jou wind uit. Die water breek voor die resturant waar mense white river rafting doen. En dié trotse kleuring sal jy nie dood op dai white river rafting bote sien.






Minimalisme op sy rofste aan die eenkant en oorvloed aan die ander kant. Maar die mense kyk mooi na mekaar soos n pa wat sy kind n sweet gee maak hul mekaar se dae en is dankvaar. Dit het my hoop gegee. Hoop omdat ander met so min klaarkom, hoe n man en vrou mekaar 3 soentjies gee en n ure lank kan gesels asof die topic belangrik is. Groot n mens se hart kan oopgaan vir iemand wat hy 23jaar laas gesien het en ons behandel soos die King en Queen van New Orleans Paarl.







Ons is veilig na ons 9 ure vlug in die kaap en ek wonder steeds "God hoekom ek" en dan kom die woord "Maar" stilletjies in die kamer ingeloop en ek besef God jys die maar in my lewe en bring die wending wanneer ek dit die nodigste het. Al sing Koos Kombuis, "Almal wil n huisie by die see hê almal hoop die struggle is verby almal sê die lewe is eers more, maar more is te laat vir my" En ek sal dans soos Jaayte en sy vrou op Robbie Wessels se "Hailie se kommeet" altyd dans asof hulle die enigste op die aarbol is.





Hoop sal ek nie verloor nie al is die chemotherapy van vandag my rofste en korste tot dusver. En al voel ek soos n oormoeg Shoprite till slaner en rakpakker sal ek nie hoop verloor nie. Ek voel soms ek drop baie as dinge nie beter raak nie maar en maar dui weereens op n Godswending. Ek sal aanhou dans julle. Dankie vir dixe vlam van hoop Jayte en Michelle asook aan almal wat my lewe makliker maak eks baie lief vir julle.

Mooi loop
Mooi praat met mekaar
Gee hoop vir mekaar.

Liefde


Stanton

Comments

  1. Wat maak julle daar?!!!!!!!

    ReplyDelete
  2. 😎💕🙏 Sharne and Stanton

    ReplyDelete
  3. Dit was great om jou en jou gesin te ontmoet Stanton. Sterk wees, vasbyt en leef elke dag voluit. Jouberts van UG xoxo

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie Madalein vir ons ook n voorreg inderdaad.

      Delete
  4. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

#TurningPoint

Junie.... 'n Baie besige en exciting maand in die Kamalie gesin sê lewe. Kom ek vertel hoekom, Lesinda my suster verjaar die 10, ek en my Pa verjaar die 13de en Ceazar en Zhete verjaar die 26ste en dan is daar nog Vadersdag ook. Die 9de was egter eers weer n dag rollercoaster dag wat ekt n kaartjie gekry om voor in die Cobra te sit. Ek was baie excited want al die kinders het gaan kuier en eks en vroulief was alleen saam die naweek. Ek beplan dat ek vir my deksel lekkerr ontbyt in die bed sou maak maar ek skrik wakker met die weirdste gevoel. So deurmekaar my medula obligata het in my poephol gesit. En sprint soos Wayde van Niekerk in die gang af en begin braak dit word roetine sodra ek iets eet moet ek hol. Maar my spoed begin afneem so papper ek raak en begin lyk soos Os Durant later. Niks bly binne en "Zelda Le Grange" moes valoids gaan kry dit het die job gedoen en als bedaar eers en ek kon my suster se verjaarsdag die volgende dag met my familie g...

Tot my piering loop oor...

Julle sal met my saam stem hoe ander jou kan laat voel. Dit reen en almal is somaar in n goeie mood in die Kaap. Die splinternuwe uit die boks uit Tamaryn Green vertrots die Paarl toe sy die kroon wen, en die Aswhin Wilemse woord judo met sy kollegas hoe dit ons almal laat voel het. Ons almal het n verantwoordelikheid want ons het almal 'n impak op ander se lewe....ek het mos n hekel aan of n "broertjie dood" soos Dieksie van Worcester altyd sal sê, as mense net aan hulself dink en glad nie worry hoe hul ander laat voel nie. Ek stem saam met Jo Black wie se missie statement is, om iemand soos iemand te laat voel want niemand verdien om soos niemand te voel nie. Dit sê baie van jou karakter hoe jy kan sit met konings en dieselfde tyd met die hawelose ook. Ek het so 'n lekker moedersdag gehad met my eie ma en my skoonma en my vrou te lekker seker want eks huistoe met erge pyn en n koue koors ekt gebewe soos iemand wat toegesluit was in n walking fridge. Eks...