Julle sal met my saam stem hoe ander jou kan laat voel. Dit reen en almal is somaar in n goeie mood in die Kaap. Die splinternuwe uit die boks uit Tamaryn Green vertrots die Paarl toe sy die kroon wen, en die Aswhin Wilemse woord judo met sy kollegas hoe dit ons almal laat voel het. Ons almal het n verantwoordelikheid want ons het almal 'n impak op ander se lewe....ek het mos n hekel aan of n "broertjie dood" soos Dieksie van Worcester altyd sal sê, as mense net aan hulself dink en glad nie worry hoe hul ander laat voel nie.
Ek stem saam met Jo Black wie se missie statement is, om iemand soos iemand te laat voel want niemand verdien om soos niemand te voel nie. Dit sê baie van jou karakter hoe jy kan sit met konings en dieselfde tyd met die hawelose ook. Ek het so 'n lekker moedersdag gehad met my eie ma en my skoonma en my vrou te lekker seker want eks huistoe met erge pyn en n koue koors ekt gebewe soos iemand wat toegesluit was in n walking fridge. Eks dai aand op aandring van die "marram" en 'n uur se kopsmokkel oppad ongevalle by my "timeshare" Paarl medi clinic. Eks opgeneem met infeksie waa, weet ons vandag nog nie. Na so 'n dag het die duitse slagsreek van "Gluck un glass luwe luigth bruct dass" vir die soos ek wat nie weet wat ek nou geskryf het nie beteken dit "Geluk en glas breek ewe maklik". Ek maak vriende met die afgetrede skool onnie en brandweer man. Die een met n taai humeurige maag en die ander een met aggresiewe suiker vlakke wat die bene al aantas. Die een vol kennis en ander een gelaai met grappe. My buurmanne in my kamer.
Na die MRI en CAT scan van die vorige week kom staan Dr Punt regs van my bed en met haar sagte woorde en pragtige geartikuleerde woordeskat sy maak enige kamer se akostiek so perfek. "Stanton met die scan het die kanker tellings nie versprei na enige ander plek in jou ligaam nie maar die kanker merkers en tellings het verdubbel". Dit voel asof die drip begin brand in my arm maar dieselfde tyd pomp dit cream soda in my liggaam in. 'n Regte soetsuur oomblik. Jy moet gaan vir die PET scan en daarna na die slagter Dr Stapleton die chirurg en die beste in die weste.
Ds Ayfort is geen kwaksalwer nie en hy kom kom kuier kloksgewys en hy bring vir ons n stukkie brood uit die woord vir my eie gemeente in saal B. Jc de Clerk kom kuier en bring my n horlosie met n swart skerm en sê vir my "broer dis nog nie jou tyd nie" almal kom kuier en wys hul liefde en omgee. Michelle van Aardt is elkeoggemd by my om my n dagstukkie te lees en ek sien my skoolvriendin van al die jare Melany Farmer alias Van Wyk. Die krieket seuns Theo, JD en Spreeth kom kuier manne lyk goed en met plat gelekte kuiwe hulle lyk soos n boy band en ek dog hulle maak my dag maar toe stap Mnr Phillip Griessel in, jy kan hom deur 'n ring trek. Dit was nou cool die man lyk goed kla net van rug probleme, seker van sy ou wiskunde gee dae en hoe hy moes sukkel met ons klas.
My seeninge loop oor die piering glad want my bure in my slaapkamer wou later toegangs geld vra by die deur en weer aftree. En ek besef elke keer hoe ek nie kan opgee vir die mense nie. My pelle is so lief vir my dat JC de Clerk n injury moes fake en in my eie kamer moes kom lê die Donderdag aand. God het n plan vir my en hom. Ek moet fight vir my vrou wat so deur als moet gaan my ma my sisters my skoonouers en skoonsussies hulle verdrink my in liefde en ek kan nie opgee al lyk dit of ek soms net die pyn die oorhand wil gee. My vriende en familie is soos n Karros skaapvel kombers en hou my warm deur die winter in lewe...... My eie persoonlike Uber en sy Kia bakkie Bernie se tydsberekening was goed en vat my huistoe. Eks die Vrydag ontslaan en die 22ste vir n PET scan by Panorama hospitaal waar ek met radio aktiewe vloeistof ingespuit word. n Uur later lê ek in die kleinste tonnel en voel soos n ingepropte sardientjie in daai visblikkies. Vergesel deur my ouers het ek dit gedoen en voel nie te sleg nie. Die 24 ste Mei toe sit ons 11h30 in Stapleton se spreekkamer.
"Morning Stanton" so droog soos die Namib woestyn "We can't do the operation on you my boy, there is too much cancer cells on the liver. Hy sê dit het opgelight soos n vars kersfees boom. "The only option I can think of is called n SERT procedure" Stanton, waar hulle n kateter in my lewer insit en die hoof bloedvaat stol en balletjies vrylaat wat die kankerselle aanval so kan ons my lewe verleng en die lewer probeer skoonmaak. Dus n tipe bestralings metode. En steeds het die kanker nie versprei na enige ander gedeelte in my liggaam nie. Dankie Here!
Die prosedure gaan ons tussen R200 000 en R300 000 kos en ons besluit toe om n Back a buddy campaign te begin om fondse in te samel en die komende naweek die 2 Junie is my funwalk by Jan Kan en ek bid vir n mooi dag en almal se ondersteuning om als moontlik te maak.
Ek hoop en bid met intersessie vir almal se ondersteuning want ek kan dit nie meer als alleen doen nie. Soos Jayte Slabber sê I will fix you so vra ek biddend dat almal my funksies sal ondersteun en ek beloof julle ek sal baklei en die fight wen! Ons glo die mediese fonds gaan die medikasie uit Amerika Tarceva goedkeur asook die operasie Dr Marc Morelle moet doen. Ons moet almal bid tot ons antwoorde kry op ons gebede. Daniël 10 vers 1-3.
https://www.backabuddy.co.za/stanton-fighting-pancreatic-cancer
Ten slotte onthou...."Like all great men we must live sublime and leave footprints in the sands of time" Henry Wadsworth Longfellow
Mooi wees met mekaar
Mooi weer
Mooi loop.
Liefde
Stanton
Comments
Post a Comment