Skip to main content

Posts

#TurningPoint

Junie.... 'n Baie besige en exciting maand in die Kamalie gesin sê lewe. Kom ek vertel hoekom, Lesinda my suster verjaar die 10, ek en my Pa verjaar die 13de en Ceazar en Zhete verjaar die 26ste en dan is daar nog Vadersdag ook. Die 9de was egter eers weer n dag rollercoaster dag wat ekt n kaartjie gekry om voor in die Cobra te sit. Ek was baie excited want al die kinders het gaan kuier en eks en vroulief was alleen saam die naweek. Ek beplan dat ek vir my deksel lekkerr ontbyt in die bed sou maak maar ek skrik wakker met die weirdste gevoel. So deurmekaar my medula obligata het in my poephol gesit. En sprint soos Wayde van Niekerk in die gang af en begin braak dit word roetine sodra ek iets eet moet ek hol. Maar my spoed begin afneem so papper ek raak en begin lyk soos Os Durant later. Niks bly binne en "Zelda Le Grange" moes valoids gaan kry dit het die job gedoen en als bedaar eers en ek kon my suster se verjaarsdag die volgende dag met my familie g...
Recent posts

Tot my piering loop oor...

Julle sal met my saam stem hoe ander jou kan laat voel. Dit reen en almal is somaar in n goeie mood in die Kaap. Die splinternuwe uit die boks uit Tamaryn Green vertrots die Paarl toe sy die kroon wen, en die Aswhin Wilemse woord judo met sy kollegas hoe dit ons almal laat voel het. Ons almal het n verantwoordelikheid want ons het almal 'n impak op ander se lewe....ek het mos n hekel aan of n "broertjie dood" soos Dieksie van Worcester altyd sal sê, as mense net aan hulself dink en glad nie worry hoe hul ander laat voel nie. Ek stem saam met Jo Black wie se missie statement is, om iemand soos iemand te laat voel want niemand verdien om soos niemand te voel nie. Dit sê baie van jou karakter hoe jy kan sit met konings en dieselfde tyd met die hawelose ook. Ek het so 'n lekker moedersdag gehad met my eie ma en my skoonma en my vrou te lekker seker want eks huistoe met erge pyn en n koue koors ekt gebewe soos iemand wat toegesluit was in n walking fridge. Eks...

Rollercoaster van emosies

Ek wil begin en omverskoning vra dat ek so lanklaas geskryf het, maar as jy verder lees sal julle hopenlik verstaan hoekom. Die aflope waar weke was soos n rollercoaster ride en daar was meer afdae as opdae. Dit het eintlik begin en geïndig met my behandeling. Die eerste chemo wat ek gekry het was die sterkste een op die rak en dit het na die 8ste sessie nie meer gewerk nie en my tellings het gegroei na 4500 tellings. Ek is toe op n minder agressiewe behandeling gesit waar ek eendag vir twee weke chemo kry en nie meer vir 3dae aaneenlopend nie. Maar die laaste chemo het my soos n ongesoute weskus papsnoek laatvoel. Na die 2de sessie het die kankerselle gegroei van 1cm na 3cm en my onkoloog het die behandeling ook gestop want dit werk nie!? Ek was platgeslaan en net na my vrou gedraai en ek kon nie die trane stop nie. Dit het gevoel asof die Vic falls by my wange afloop maar ek kon net nie meer slegte nuus hanteer nie. En my vrou (superwoman) het net geglimlag en gesê ons gaan h...

Hoop

Dis 14h30 Dinsdag 27 Maart en ons is besig om deur die laaste boarding gate deur te gaan oppad na die vliegtuig. Ons word gestop en meeste van ons toiletries word afgevat volgens die reëls. Die kuier oppad na ons vriende in Uganda begin op n slegte nood en ek moes my vrou opbeur nes sy my moes opbeur toe tyd aan my kant afgevat was. "Liefie ons kan dit vervang maar vir jou kan ek nie vervang nie. Sy wou die goed vir naaste KFC vat en vra of hulle dit kan hou tot ons terugkom. Dit het my laat dink, wens ek kon my siekte iewers solank bêre en doen wat ek wil doen, terugkom en dan voort gaan met die geveg, maar die lewe werk anders. Ons vertrek so 30 minute laat oppad Addis Ababa toe en die 6ure en 30 minute het soos 'n ewigheid gevoel veral met 'n verveelde 7jarige en my boude voel soos Rudy Paige sin van op die plaas vervanger bankie moes sit. Op Addis wag daar n vliegtuig vir ons en ons spring op die volgende een oppad Entebbe toe Uganda! Als verloop seepglad sov...