Skip to main content

Rollercoaster van emosies



Ek wil begin en omverskoning vra dat ek so lanklaas geskryf het, maar as jy verder lees sal julle hopenlik verstaan hoekom. Die aflope waar weke was soos n rollercoaster ride en daar was meer afdae as opdae. Dit het eintlik begin en geïndig met my behandeling. Die eerste chemo wat ek gekry het was die sterkste een op die rak en dit het na die 8ste sessie nie meer gewerk nie en my tellings het gegroei na 4500 tellings. Ek is toe op n minder agressiewe behandeling gesit waar ek eendag vir twee weke chemo kry en nie meer vir 3dae aaneenlopend nie. Maar die laaste chemo het my soos n ongesoute weskus papsnoek laatvoel.

Na die 2de sessie het die kankerselle gegroei van 1cm na 3cm en my onkoloog het die behandeling ook gestop want dit werk nie!? Ek was platgeslaan en net na my vrou gedraai en ek kon nie die trane stop nie. Dit het gevoel asof die Vic falls by my wange afloop maar ek kon net nie meer slegte nuus hanteer nie. En my vrou (superwoman) het net geglimlag en gesê ons gaan hierdeur ook kom Stanton. Hoe gaan ons deur die concrete muur kom Sharne? Waar daar n wil is, is daar n weg Stanton. Ek het besef ek hoef nie altyd soos n waffers Schalk Burger deur die muur te hardloop nie, ek kan oor die muur ook klim of hoe?


My skoonma maak toe vir my afspraak by Vivienne Pietersen en sy werk vanaf die health shop in Laborie sentrum. Sy doen nutritional and herbal medicine en detoxification ek was vasgevang by n tweerigting stop straat, moet ek links gaan en bly by die westerse medikasie waarvan daar op hierdie stadium niks is meer nie? Moet ek regs gaan waar die vrou vir my sê sy kan my gesond maak? En ek weet jy maak nie groot besluite in moeilike tye nie of jy sny nie n boom af in die winter nie.

Ek besluit toe om met Vivienne se behandeling te terwyl ons wag vir die nuwe medikasie wat nog uit VSA moet kom en in SA aanvaar moet word. Eks is toe met my skoon familie PE toe om my kop skoon te kry. Die beste besluit nog ek was op die hande gedra en hiperbolies gesproke n 2kg amper halwe meter lange kreef geëet.  Baie dankie vir die Adamse van die baai vir jul gasvryheid en ope hande ons het lekker gelag en gekuier.

My behandeling met Vivienne het begin en ek gebruik Intervene, reserve, hepathon, adrenal tonic en superfood smoothies. Ek eet nie vleis, hoender en vis nie. Dis n helse kopskuif maar as jy wil leef sal jy enigiets opoffer. My suiker tellings het verbeter en ek voel net moeg en soms baie sleg as my ligaam nie meer kan doen wat my kop wil doen. Ek wil my vrou so graag help sy doen als vir ons gesin met die help van ons families en vriende. Ek wil nie so moeg wees nie ek haat die pyn in my sy maar ek probeer positief wees en sal altyd positief wees vir my kinders want al wat ek het is HOOP.

Ek was vandag na my chirurg Dr Stapleton en hy sal n hele paar toetse moet doen om te verseker hy kan die kanker uit my lewer uitsny. Ek was vandag vir MRI en n CAT scan. Alles gebeur nou so vinnig en ek wil soms net stil staan en net die klok stop om als in plek te kry vir my gesin.

Ek vra vir almal se gebede vir my en my gesin. Stuur my n postiewe boodskappie dit help glo my dit help. En ek belowe julle een van die dans ek met my kinders in die reen!

Comments

  1. Sterkte met die pad vorentoe, ek lees altyd jou stukkies, dus regtig "inspiring" om te lees hoe jy elke dag baklei en streef om beter te wees vir jou vrou, kinders en jou self. Jou lus vir die lewe en jou veg gees is wat my elke keer tref. Ek bid dat jy volkome genees gaan word en dat jy aan sal hou om vir ander `n inspirasie te wees, soos jou vrou sê: "waar daar `n wil is, is daar `n weg." Hou jou oë altyd gevestig op die Here my broer. God seën.

    Keep On fighting!!

    ReplyDelete
  2. Stanton the path you are on is much more cleansing and easier than the ones not fighting cancer. Because you have more zest for life, hope in a future, love, clearer thoughts, family and friends that you attract, inspire, purposeful, the list endless. So keep on getting up to write, getting up to give it another go. God gave you not only a wife but a friend and a anchor, a friend who laughs out loud and knows that all of this is just a healthy dose of life. Positivity and Grace.

    ReplyDelete
  3. Stanton the path you are on is much more cleansing and easier than the ones not fighting cancer. Because you have more zest for life, hope in a future, love, clearer thoughts, family and friends that you attract, inspire, purposeful, the list endless. So keep on getting up to write, getting up to give it another go. God gave you not only a wife but a friend and a anchor, a friend who laughs out loud and knows that all of this is just a healthy dose of life. Positivity and Grace.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

#TurningPoint

Junie.... 'n Baie besige en exciting maand in die Kamalie gesin sê lewe. Kom ek vertel hoekom, Lesinda my suster verjaar die 10, ek en my Pa verjaar die 13de en Ceazar en Zhete verjaar die 26ste en dan is daar nog Vadersdag ook. Die 9de was egter eers weer n dag rollercoaster dag wat ekt n kaartjie gekry om voor in die Cobra te sit. Ek was baie excited want al die kinders het gaan kuier en eks en vroulief was alleen saam die naweek. Ek beplan dat ek vir my deksel lekkerr ontbyt in die bed sou maak maar ek skrik wakker met die weirdste gevoel. So deurmekaar my medula obligata het in my poephol gesit. En sprint soos Wayde van Niekerk in die gang af en begin braak dit word roetine sodra ek iets eet moet ek hol. Maar my spoed begin afneem so papper ek raak en begin lyk soos Os Durant later. Niks bly binne en "Zelda Le Grange" moes valoids gaan kry dit het die job gedoen en als bedaar eers en ek kon my suster se verjaarsdag die volgende dag met my familie g...

Hoop

Dis 14h30 Dinsdag 27 Maart en ons is besig om deur die laaste boarding gate deur te gaan oppad na die vliegtuig. Ons word gestop en meeste van ons toiletries word afgevat volgens die reëls. Die kuier oppad na ons vriende in Uganda begin op n slegte nood en ek moes my vrou opbeur nes sy my moes opbeur toe tyd aan my kant afgevat was. "Liefie ons kan dit vervang maar vir jou kan ek nie vervang nie. Sy wou die goed vir naaste KFC vat en vra of hulle dit kan hou tot ons terugkom. Dit het my laat dink, wens ek kon my siekte iewers solank bêre en doen wat ek wil doen, terugkom en dan voort gaan met die geveg, maar die lewe werk anders. Ons vertrek so 30 minute laat oppad Addis Ababa toe en die 6ure en 30 minute het soos 'n ewigheid gevoel veral met 'n verveelde 7jarige en my boude voel soos Rudy Paige sin van op die plaas vervanger bankie moes sit. Op Addis wag daar n vliegtuig vir ons en ons spring op die volgende een oppad Entebbe toe Uganda! Als verloop seepglad sov...

Tot my piering loop oor...

Julle sal met my saam stem hoe ander jou kan laat voel. Dit reen en almal is somaar in n goeie mood in die Kaap. Die splinternuwe uit die boks uit Tamaryn Green vertrots die Paarl toe sy die kroon wen, en die Aswhin Wilemse woord judo met sy kollegas hoe dit ons almal laat voel het. Ons almal het n verantwoordelikheid want ons het almal 'n impak op ander se lewe....ek het mos n hekel aan of n "broertjie dood" soos Dieksie van Worcester altyd sal sê, as mense net aan hulself dink en glad nie worry hoe hul ander laat voel nie. Ek stem saam met Jo Black wie se missie statement is, om iemand soos iemand te laat voel want niemand verdien om soos niemand te voel nie. Dit sê baie van jou karakter hoe jy kan sit met konings en dieselfde tyd met die hawelose ook. Ek het so 'n lekker moedersdag gehad met my eie ma en my skoonma en my vrou te lekker seker want eks huistoe met erge pyn en n koue koors ekt gebewe soos iemand wat toegesluit was in n walking fridge. Eks...