Skip to main content

CA oor die feesgety en "making memories"

Die is seker een van die moeilikste tye van die jaar vir gesond eet en hou by siklus wat jou liggaam van jou vereis. En dit is wat ek ervaar die af afgelope paar dae....... Die Kersgety is n tydperk wanneer ons met ons familie uithang of jy nou wil of nie. Ek is gelukkig in die "wil" kampie. Jy moet twee families inpas in 10 ure en daar was besluit deur my eie "Patricia De Lil", my vrou, ons eet by my ma en nagereg by skoonma. Ok maram dis reg, onthou "Happy wife Happy life" My familie, bloed en skoon, is vir my soos engele wat my weer op die been gebring het toe my vlerke vergeet het hoe om te vlieg. En skielik het my familie die afgelope tyd verdubbel. Lucky né. Dit is die mense wat vir ons belangrik moet wees want hulle gee ons betekenis.

My liggaam is baie vatbaar vir infeksies en Dr Punt het my gevra om net my vrou op die mond te soen. Dis n deal... min te weet moes ek die afgelope paar dae soos n amperse Fransman almal kantsoene gee. Ek het later nie geweet watter kant toe nie want ek ken mos net een rigting en dus vorentoe. Nee! wat gaan aan met jou? Hou jy vir jou sturwie!? Het die anties sekerlik gedink van die upstairs coloured wat hom nou wil kwai hou. Eintlik het ek baie sleg gevoel tussen die lyne maar ja dis maar die groeipyne van die behandeling. Kersdag in die kerk was die moeilikste veral toe my vriendin Nyoka vir my sonskerm bring as n geskenkie vir die hare wat maar plek plek bewolk begin lyk en ek dit nou alles afskeer. Syt soos n hindernis atleet gesorg sy hardloop deur al die ou gardes op haar hoë hakke om by my uit te kom. Ek waardeer dit veral na die boodskap gelei het: Ons moet die klein dingetjies in die lewe belangrik ag.

My mond het begin sensitief en seer raak en 'n baie rare mondsalf is aan my voorgeskryf wat apteke nie somaar aanhou nie. Die apteker het my snaaks aangekyk toe ek met die papiertjie vanaf die Dr voor hulle staan. Ek het amper gedog daar sit nog slaap in my oë of daar is snot van my peetkind op my hemp want die apteker se lemkyke het als gesê.

Kersete was maklik want my ma Linda, sister Lesinda en swaer Gareth het rondom my behoeftes "gecater" en my oudste sister Nolene wat ook op Kersdag verjaar se koek was "amper" diabeet vriendelik. Ons hoef nie so pynlik gesond te lewe nie. Ons moet daarem so nou en dan die lekkerte van die lewe ook geniet. Of jy nou die Queen, president of dominee is ons almal het ons cravings en ja ons almal poep.

Ek was geseend die afgelope tyd met mense wat tyd gemaak het vir my. Ek het n gebed uit Ierland gekry Linden jys great en dis vir my nie net toevallig hoe jy op my pad gekom het nie. Big Steve Van Yssen het my kom kielie vir n halfuur en ons het oor die game (krieket) gepraat. Die Malherbe broers se galjoen wat ek more gaan braai met my patat met streng instruksies van Jacques hoe om dit gaar te maak. Ek dog dis n wit stompneus of 'n harder op steriods. JC my kollega en skoolbaas se inspirasie en sy verhaal het my gedagtes 'n stewige dosis Blu 52 gegee. Die boodskappe van Jayte Slabber, Hein Barnard, Justin Ontong, Jeanne Fourie, Angela Daniels, Charmaine Moosa, Karen v Heerden en Adele Jansen was soos Jacques Kallis se timing net toe ek dit nodig gehad het. En met my dop kankerbossie wat Mnr Lourens so getrou en met liefde vir my maak, begin my dag op dai bitter noot en eindig heelwat soeter met jul bemoediging.

Ek begin voel aan my liggaam dat na elke terapie sessie daar n bietjie van die chemo in my liggaam agterbly, en dit vir my moeiliker raak maar die feit dat ek steeds  myself kan kry om met die brand slagoffers in Chicago woonbuurt te gaan prt het my baie beter laat voel. Ons moet ander help al is jy gewond want daardeur dokter jy jou siel want as ek nou my hemp uittrek kan almal my wonde sien, maar ons is elkedag omring deur mense wat interne wonde het wat jy nie kan sien nie.

My dag was gemaak toe Savannah die jongste ons albei se wense waar geword het, om met ons voete in die see sand te gaan nesskop en sy het in die koue benguala seestroom baljaar. Met die chemo kan ek nie in die water nie, dus te koud en die son is te warm. Die warme son het ek trotseer my bruid aan my sy. Klein dingetjies ne'.... dankie Ds Eyfort en Nyoka.

So aangesien ek nouweer skryf fiks is na my skoonpa se oxtail bredie en die annonieme triffle poeding gaan ek elkedag n memory maak. JC sê altyd vir die laaities voor die game en vir sy kinders. "Lets go and make memories" en help ander en daardeur onsself om ons uitnemendheid te bereik en middelmatigheid te ontsnap.

Mooi loop
Mooi ry
Mooi bly

Stanton





Comments

  1. Hi Stanton. Your positivity is contagious! Ek is n kanker oorwinnar wat nou weer vir n 2de keer baklei teen die siekte. Ek is tans in China besig met n alternatiewe behandeling want die chemo was eenvoudig net te toxic vir my liggaam. Dis goed om te lees hoe positief jy is en dat dit meer as net 'n battle vir jou is. Ek vertrou alles sal goed afloop vir jou en dat jy as oorwinnaar uit die stryd sal stap. Cancer can be beaten. Some of us just have to do it twice cos we were so awesome the first time around! Blessings vir jou en jou gesin. Ek kom pop in by jou wanneer ek terug is in SA. Ek bly immers net om die draai��

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ilandra eks soo geintreseerd in jou behandeling hou my op hoogte ek sal waardeer. My nr is +27711366498

      Delete
  2. Stanton, jy wen die stryd deur gesindheid en die manier waarop jy jou uitdaging aanpak. Jy is sterker as wat jy dink en n inspirasie vir ons almal ! Groete. Piet en Jackie Krynauw

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Oom Piet en Tannie Jackie vir die rol wat julle in.my lewe gespeel het ek waardeer dit en dit het nie ongesiens verbygegaan wie ek vandag is baie te danke aan julle oop warme harte. Veral die Tannie wat soos n sokker Ma als gedoen het vir ons sport en oom die kalmte agter die gordyn..

      Delete

Post a Comment

Popular posts from this blog

#TurningPoint

Junie.... 'n Baie besige en exciting maand in die Kamalie gesin sê lewe. Kom ek vertel hoekom, Lesinda my suster verjaar die 10, ek en my Pa verjaar die 13de en Ceazar en Zhete verjaar die 26ste en dan is daar nog Vadersdag ook. Die 9de was egter eers weer n dag rollercoaster dag wat ekt n kaartjie gekry om voor in die Cobra te sit. Ek was baie excited want al die kinders het gaan kuier en eks en vroulief was alleen saam die naweek. Ek beplan dat ek vir my deksel lekkerr ontbyt in die bed sou maak maar ek skrik wakker met die weirdste gevoel. So deurmekaar my medula obligata het in my poephol gesit. En sprint soos Wayde van Niekerk in die gang af en begin braak dit word roetine sodra ek iets eet moet ek hol. Maar my spoed begin afneem so papper ek raak en begin lyk soos Os Durant later. Niks bly binne en "Zelda Le Grange" moes valoids gaan kry dit het die job gedoen en als bedaar eers en ek kon my suster se verjaarsdag die volgende dag met my familie g...

Hoop

Dis 14h30 Dinsdag 27 Maart en ons is besig om deur die laaste boarding gate deur te gaan oppad na die vliegtuig. Ons word gestop en meeste van ons toiletries word afgevat volgens die reëls. Die kuier oppad na ons vriende in Uganda begin op n slegte nood en ek moes my vrou opbeur nes sy my moes opbeur toe tyd aan my kant afgevat was. "Liefie ons kan dit vervang maar vir jou kan ek nie vervang nie. Sy wou die goed vir naaste KFC vat en vra of hulle dit kan hou tot ons terugkom. Dit het my laat dink, wens ek kon my siekte iewers solank bêre en doen wat ek wil doen, terugkom en dan voort gaan met die geveg, maar die lewe werk anders. Ons vertrek so 30 minute laat oppad Addis Ababa toe en die 6ure en 30 minute het soos 'n ewigheid gevoel veral met 'n verveelde 7jarige en my boude voel soos Rudy Paige sin van op die plaas vervanger bankie moes sit. Op Addis wag daar n vliegtuig vir ons en ons spring op die volgende een oppad Entebbe toe Uganda! Als verloop seepglad sov...

Tot my piering loop oor...

Julle sal met my saam stem hoe ander jou kan laat voel. Dit reen en almal is somaar in n goeie mood in die Kaap. Die splinternuwe uit die boks uit Tamaryn Green vertrots die Paarl toe sy die kroon wen, en die Aswhin Wilemse woord judo met sy kollegas hoe dit ons almal laat voel het. Ons almal het n verantwoordelikheid want ons het almal 'n impak op ander se lewe....ek het mos n hekel aan of n "broertjie dood" soos Dieksie van Worcester altyd sal sê, as mense net aan hulself dink en glad nie worry hoe hul ander laat voel nie. Ek stem saam met Jo Black wie se missie statement is, om iemand soos iemand te laat voel want niemand verdien om soos niemand te voel nie. Dit sê baie van jou karakter hoe jy kan sit met konings en dieselfde tyd met die hawelose ook. Ek het so 'n lekker moedersdag gehad met my eie ma en my skoonma en my vrou te lekker seker want eks huistoe met erge pyn en n koue koors ekt gebewe soos iemand wat toegesluit was in n walking fridge. Eks...