Skip to main content

Dag van verassings

In order to change you need to be sick and tired of being sick and tired. En dus my cliche' van die siekte. Die cravings raak groot vir soetgoed en n glass koeldrank of tog n sigaret. Maar jy fight die demons want jy moet practise what you preach. Ek leer altyd my kinders en my krieket spannetjie doen eers wat jy moet doen dan doen jy wat jy wil doen. En nou haunt my woorde by my maar, en maar dui op n wending. Dai minuut se genot van dai lekkerny kan jou n maand agter sit.

Ek is weer vandag omring deur Engele wat die hemelse Vader na my gestuur het. In all shapes and sizes die oproepe veral die een van Mnr Swart HJS skoolhoof het my geinspireer. En het my die collateral beauty laat raaksien. Ek het nog tyd en ek kan regte dinge inplek kry vir my gesin vrou en kinders maar n ou wat weggeneem word deur frats kan nie. Hy het nie Tyd nie. En ek bieg ek is omring deur collateral beauty. Ons sien net die swart kolletjie op die wit doek raak. En vergeet van al die mooigeid waarmee ek onring is. Vandag het die Boys high 1ste krieket span coach kom kuier. Greg Jardine en my umpire kollega Marlin Carollisen maaitjie van sub A. My buurman van my kinderdae  Adrian Arendse hys die oom van een van Boishaai se beste swing boulers Dillon Arendse het ook kom inloer.

Ek was verras deur Coenrad Beyers hy is nou n mediese dokter in Kanada en werk toevallig met pancreas kanker pasiente hy het gekom met sakke vol hoop en het my nederig gebring na die die voete van my skepper. Dankie Doc ek waardeer al jou moeite asook die ander manne wat tyd afgestaan het om my te kom sien. Vandag was nie n goeie dag vir my liggaam nie maar julle het nuwe asem in my geblaas. En die collateral beauty wat Mnr Swart en Hamilton Pharo aan my kom wys het manne wat hul seuns verloor het maak my nederig in my geveg.

Die chemo wat ek kry is te sterk om in eendag te kry en ek word huistoe gestuur met n pomp wat ek dra en dit kom na 48uur afkom. Ek kan nie wag nie dit pomp laat my voel soos n hond en sy halsband en ek wil die ding ook net afkou. Doen eers wat jy moet doen Stanton.... terwyl die negatiewe gedagte my in die donker knyp. Is die my laaste Kersfees met my geliefdes? Is die laaste keer wat ek vir Coenrad gaan sien? My dogter het 14 geword op die 18 Desember is dit die laaste keer wat ek haar verjaarsdag gaan vier? Ja die don optimus kry ook sy afdae en ek moet my toelaat om te huil en toelaat om hartseer te raak maar vir die wat dit lees jy hoef nie te wag tot die dag om n siekte te kry om dinge reg te doen asof dit jou laaste keer is nie. Ek sê my vrou elkedag hoe lief ek haar het. Ek spandeer nou soveel tyd as moontlik met die wat ek lief het, ek het begin video clips rekord vir my dogtertjies die dag as hulle 21 is. Maar jy kan dit doen al is jy nie terminaal siek nie. Moenie wag nie leef voluit en doen dit net.

Ek wil net dankie se aan Balle en Nico vir jul bydraes vir my mediese rekeninge ek waardeer dit opreg ek verdien dit nie.....Collateral beauty? Mooi bly, mooi loop mooi wees met jou geliefdes.





Comments

Popular posts from this blog

#TurningPoint

Junie.... 'n Baie besige en exciting maand in die Kamalie gesin sê lewe. Kom ek vertel hoekom, Lesinda my suster verjaar die 10, ek en my Pa verjaar die 13de en Ceazar en Zhete verjaar die 26ste en dan is daar nog Vadersdag ook. Die 9de was egter eers weer n dag rollercoaster dag wat ekt n kaartjie gekry om voor in die Cobra te sit. Ek was baie excited want al die kinders het gaan kuier en eks en vroulief was alleen saam die naweek. Ek beplan dat ek vir my deksel lekkerr ontbyt in die bed sou maak maar ek skrik wakker met die weirdste gevoel. So deurmekaar my medula obligata het in my poephol gesit. En sprint soos Wayde van Niekerk in die gang af en begin braak dit word roetine sodra ek iets eet moet ek hol. Maar my spoed begin afneem so papper ek raak en begin lyk soos Os Durant later. Niks bly binne en "Zelda Le Grange" moes valoids gaan kry dit het die job gedoen en als bedaar eers en ek kon my suster se verjaarsdag die volgende dag met my familie g...

Hoop

Dis 14h30 Dinsdag 27 Maart en ons is besig om deur die laaste boarding gate deur te gaan oppad na die vliegtuig. Ons word gestop en meeste van ons toiletries word afgevat volgens die reëls. Die kuier oppad na ons vriende in Uganda begin op n slegte nood en ek moes my vrou opbeur nes sy my moes opbeur toe tyd aan my kant afgevat was. "Liefie ons kan dit vervang maar vir jou kan ek nie vervang nie. Sy wou die goed vir naaste KFC vat en vra of hulle dit kan hou tot ons terugkom. Dit het my laat dink, wens ek kon my siekte iewers solank bêre en doen wat ek wil doen, terugkom en dan voort gaan met die geveg, maar die lewe werk anders. Ons vertrek so 30 minute laat oppad Addis Ababa toe en die 6ure en 30 minute het soos 'n ewigheid gevoel veral met 'n verveelde 7jarige en my boude voel soos Rudy Paige sin van op die plaas vervanger bankie moes sit. Op Addis wag daar n vliegtuig vir ons en ons spring op die volgende een oppad Entebbe toe Uganda! Als verloop seepglad sov...

Tot my piering loop oor...

Julle sal met my saam stem hoe ander jou kan laat voel. Dit reen en almal is somaar in n goeie mood in die Kaap. Die splinternuwe uit die boks uit Tamaryn Green vertrots die Paarl toe sy die kroon wen, en die Aswhin Wilemse woord judo met sy kollegas hoe dit ons almal laat voel het. Ons almal het n verantwoordelikheid want ons het almal 'n impak op ander se lewe....ek het mos n hekel aan of n "broertjie dood" soos Dieksie van Worcester altyd sal sê, as mense net aan hulself dink en glad nie worry hoe hul ander laat voel nie. Ek stem saam met Jo Black wie se missie statement is, om iemand soos iemand te laat voel want niemand verdien om soos niemand te voel nie. Dit sê baie van jou karakter hoe jy kan sit met konings en dieselfde tyd met die hawelose ook. Ek het so 'n lekker moedersdag gehad met my eie ma en my skoonma en my vrou te lekker seker want eks huistoe met erge pyn en n koue koors ekt gebewe soos iemand wat toegesluit was in n walking fridge. Eks...