Skip to main content

Goeie positiewe mense gee hoop!

In die kant gegooi, was maar deel van my lewe met my opbrengs. En dit het my voorberei vir wat als na my kant gegooi was. Als het begin op Hoërskool 1992 waar ek met n krieket beurs van R1200 per jaar moes besluit tussen Paarl Gim of HJS. Toe ek die leuse van Paarl Gim lees en sien dit heet, "Die son van geregtigheid sal jou bestraal toe se die 13jarige kleurling seun se intellek, ek is bruin genoeg ek gaan Boishaai toe. En daar begin my yourney wat ek 21jaar na matriek in 1996 baie goeie en soms stoute vrinne ontmoet het. Bernie Louw, Frans Loots vd Merwe en Gerhard Kemp die laasgenoem en tot vandag toe my beste brasse. Die Krynauws het soos voogde na my omgesien heilig dankbaar. Een van die goeies was Danie Heroldt alias Balle. Die ou het my leer dirigeer ,Samie Beer het my ook inspireer veral Ipie Tombi, ek het Balle dopgehou terwyl die skool aan sy voete gehad het op "Waar die Eikebome blaar" gesing was. Klassiek het hy gesweef oor die verhoog van die skoolsaal. Die eindste Balle het my elke keer kom kuier sodra hy in SA was en nou wat hy my hand en ons gaan dirigeer deur my paadjie met kanker. Ek is op 24 September gediagnoseer met pankreatitus kanker wat versprei het na my lewer jip fase 4. Lewensduur gewoontlik 8 tot 12 maande en die langste wat iemand nog dit oorleef het was 5jaar. Dit het begin met kroniese pankreatitus en dit kom van teveel alkohol drink of van baie hoë bloedvet tellings. Myne die laasgenomemde. Wel ek het ander planne. Want soos n dwarse Julius Malema gaan ek teen die rivier swem. Ek het vandag my 2de sessie sessie chemotherapy gehad en daar wag nog 10 sessies. En raai wat ek voel goed. Ek het geen van die slegte newe effekte nie. Ek kry net effek en dus waarna ek uitsien elke keer as ek gaan vir my 3 dubbelle dosis "Gin" soos Bernie Louw dit noem. Ja hy verwys na die Chemo die gif soos n pessimus dit sou sien. Die is n mind game soos n skaakspel. Wel ek voel soms ek "face" Dale Steyn op n groen blad en hy het n nuwe bal in sy hand. "Begin n blog Stan" was Balle se voorstel. En ja hier is my eerste blog en wees tog geduldig want ek is ietwat tegnolgies gestrem. Maar met hierdie platform sal ek ander kan help. My ou vriend Dr Riaan Liebenberg het my vandag kom kuier. "Stan as jy ander help terwyl jy siek is help jy jouself dieselfde tyd want die gaan jou mind positief hou" En met die wapen rusting wat ek vandag gekry sit ek in my ammunisie boks en gebruik dit. Jip ek het geweet van die Madiba magic maar die Boishaai magic beleef ek nou. Onthou ek was n vlieg op n witdoek in Boishaai en die ondersteuning wat ek kry van my "broers" nadat ek 21jaar laas daar was al rig ek tans die skool se 2de Krieketspan af, is magic. My matriek klas het reeds R20 000 inbetaal aan my stygende mediese onkostes. Ek is humbled deur die manne se liefde en omgee. En as enigiemand deur dieselfde uitdaging soos ek gaan, omring jou deur opregte mense met n positiewe gesindheid of jy moes n Old boy wees want dan kom die manne vantevore vanself. Ek is bevoorreg n Boom soos Mnr Tom Engela ons verwys het in sy boek "In die Paarl groei daar n boom". My chemo duur nou 48uur en dan word my pomp uitgehaal Vrydag. "Stan jyt dra nogal n dummie" Lag nee dit is hoe ek roll met my Chemo om my nek. So beplan ek my sessies want my volgende sessie is wanneer die res van die wereld babbeleer sal ek weer die 2 Jan 2018 weer in die stoel wees. Ek het dit so gereel sodat ek reg sal wees vir ons opkomende toer na Graaf Reinette vir my laaste krieket toer. Mooi bly, mooi loop, mooi wees met ander.


Stanton


Comments

  1. Sterkte Stan, dink aan jou en hou jou in my gebede <3

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

#TurningPoint

Junie.... 'n Baie besige en exciting maand in die Kamalie gesin sê lewe. Kom ek vertel hoekom, Lesinda my suster verjaar die 10, ek en my Pa verjaar die 13de en Ceazar en Zhete verjaar die 26ste en dan is daar nog Vadersdag ook. Die 9de was egter eers weer n dag rollercoaster dag wat ekt n kaartjie gekry om voor in die Cobra te sit. Ek was baie excited want al die kinders het gaan kuier en eks en vroulief was alleen saam die naweek. Ek beplan dat ek vir my deksel lekkerr ontbyt in die bed sou maak maar ek skrik wakker met die weirdste gevoel. So deurmekaar my medula obligata het in my poephol gesit. En sprint soos Wayde van Niekerk in die gang af en begin braak dit word roetine sodra ek iets eet moet ek hol. Maar my spoed begin afneem so papper ek raak en begin lyk soos Os Durant later. Niks bly binne en "Zelda Le Grange" moes valoids gaan kry dit het die job gedoen en als bedaar eers en ek kon my suster se verjaarsdag die volgende dag met my familie g...

Hoop

Dis 14h30 Dinsdag 27 Maart en ons is besig om deur die laaste boarding gate deur te gaan oppad na die vliegtuig. Ons word gestop en meeste van ons toiletries word afgevat volgens die reëls. Die kuier oppad na ons vriende in Uganda begin op n slegte nood en ek moes my vrou opbeur nes sy my moes opbeur toe tyd aan my kant afgevat was. "Liefie ons kan dit vervang maar vir jou kan ek nie vervang nie. Sy wou die goed vir naaste KFC vat en vra of hulle dit kan hou tot ons terugkom. Dit het my laat dink, wens ek kon my siekte iewers solank bêre en doen wat ek wil doen, terugkom en dan voort gaan met die geveg, maar die lewe werk anders. Ons vertrek so 30 minute laat oppad Addis Ababa toe en die 6ure en 30 minute het soos 'n ewigheid gevoel veral met 'n verveelde 7jarige en my boude voel soos Rudy Paige sin van op die plaas vervanger bankie moes sit. Op Addis wag daar n vliegtuig vir ons en ons spring op die volgende een oppad Entebbe toe Uganda! Als verloop seepglad sov...

Tot my piering loop oor...

Julle sal met my saam stem hoe ander jou kan laat voel. Dit reen en almal is somaar in n goeie mood in die Kaap. Die splinternuwe uit die boks uit Tamaryn Green vertrots die Paarl toe sy die kroon wen, en die Aswhin Wilemse woord judo met sy kollegas hoe dit ons almal laat voel het. Ons almal het n verantwoordelikheid want ons het almal 'n impak op ander se lewe....ek het mos n hekel aan of n "broertjie dood" soos Dieksie van Worcester altyd sal sê, as mense net aan hulself dink en glad nie worry hoe hul ander laat voel nie. Ek stem saam met Jo Black wie se missie statement is, om iemand soos iemand te laat voel want niemand verdien om soos niemand te voel nie. Dit sê baie van jou karakter hoe jy kan sit met konings en dieselfde tyd met die hawelose ook. Ek het so 'n lekker moedersdag gehad met my eie ma en my skoonma en my vrou te lekker seker want eks huistoe met erge pyn en n koue koors ekt gebewe soos iemand wat toegesluit was in n walking fridge. Eks...