The mind is a terrible thing to waste and the mind controls the body. Daars hy! In my beste Ingils, en dit het ek vandag ervaar want wat die brein wou doen wou die vlees min van weet. Luister na jou liggaam! kerm die sisters by die St Stephens onkologie hospitaal in skoolstr. Ek dink mos ek is Superman soms en so skaars soos die reën in die in die Kaap is, die eindste waarvan Laurica Rauch sing, so skaars was my energie vandag.
As dit so gaan dan hang my gemoed maar af van die mense rondom my. En hoe ek my brein kan manipuleer sodat ek glo niks is fout nie. Emosie is seker die hoogste trappie waarheen my brein my vat maar en maar dui op n wending. Dis hoe ons dai emosie hanteer. Dit het egter my gehelp om my lewe te prioritiseer. En om met CA te lewe het my geleer om geleenthede en groei raak te sien. Ek gryp elke geleentheid met albei hande en met nuwe vuur. En dit maak my dankbaar vir elke Godgegewe dag maak nie saak wat dit bring nie.
Ek het geleer om jou tyd en energie in die mens te belê en jy sal die dividende meer geniet as om geld te belê. Almal se positiewe auras soos n impulsiewe Marvin Arendse wat somaar met sy energieke persoonlikheid my agterdeur amper afskop en sê lig jouself boeta. Die oproep van Fanie Naude, die immergroen Thys Burger wat kom kuier met n kardoes sak vol samoosas en beskuit. My SSS kollegas Rose Wolmarans en Carla Cupido wat net kom dankie sê het vir die verlede en met neer huistoe gegaan het. Gerhard Kemp met sy galge humor en klein hartjie. Dan die gebed uit die bloute van ooral het my hernude krag gegee vir die dag.
Vandag was my belegging in die mens soos n vitamien C drip en die warmte en liefde van dié rondom my en ver van my was n lifeline. When you can't control whats happening challenge yourself to control the way you respond to whats happening, thats where the power is. Sjoe dis mooi né.
En onthou "Als is moeilik voor dit maklik word" Goethe. Mooi loop, mooi bly en mooi wees teenoor ander.

This comment has been removed by the author.
ReplyDeletePositiewe Gesindheid
ReplyDelete