Skip to main content

Posts

Showing posts from January, 2018

Maak vrede

"Dopamine is a neurotransmitter that helps control the brain's reward and pleasure centers. Dopamine also helps regulate movement and emotional responses, and it enables us not only to see rewards, but to take action to move toward them" Ek voel die sagte handjies van my dogtertjie "Daddy I need to pee" sy het deur die nag agter my rug kom inkruip. Met toe bot oë vloetslepend in die gang af agter haar aan. Sys bang om in die donker gang af te loop oppad badkamer toe. "Daddy my tummy is paining Daddy" en ek sien die allemuntige drifter wat uit dai piepse klein lyfie uitgekom het en ek skrik my wawyd wakker. "I think you are constipated Lovey" En die keer met oop oë stap ek en sy in als was terug bed toe! "Ek moet rus more is chemo my bra" mompel die mannekoor weer in my brein. Maar die dopamine loop kwylend langs my mond af. 03h00 begin sy braak en die keer hardloop ons weer badkamer toe. Sys sterk, sy sien wat haar pa doen. ...

Doelwitte

'Ek glo mense met doelwitte leef langer of jy nou terminaal siek of gesond is maak vir jouself doelwitte en jy sal maklik by jou doelstellings uitkom' Vandag was rondte 4 en dit was n rondte wat ek nie gewen het nie. Ek was in die boksgeveg vir die meeste van die tyd teen die toue met houe van ooral. Ek moes net my kom laat sak en die houe vat. My mondskerm het doer gevlieg soos ek bloedbek met my stert tussen my bene moes terugstap na my kampie toe. En my mond afvee aan my "Faith" wat Lesinda vir my gegee het. Met bewende bene brandende hande en voete het ek gaan sit in die hoekie, ek en my grootste lewens coach(My Pa) het n onderonsie en n woord judo en ek loop respekvol weg daarvan. Hys steeds my held my trane rol want hoe kon ek toelaat dat hy my oor my vingers tik oor my water verbruik en hoe durf ek oor my geallokeerde eenhede gaan? Was sy vraag aan my.... Sorry coach moes ek gesê het. En aanvaar wanneer jy verkeerd is of dit nou in jou verhouding is, m...

Tyd

Time heals everything. Ek voel sleg na die laaste sessie en die kopwurms is besig met my. Sal ek kan vooruit kom? En die mannekoor begin sing in my agterkop. Ek dink ek is agter met my tellings en begin my run rate uitwerk as ek die game waarin ek myself bevind wil wen. As my kanker tellings 3800 was en ek het 12 sessies van chemo dan moet my tellings met 316,6666666666 afkom met elke sessie. Dis die run rate wat ek sal moet handhaaf. Met my vorige toets na 1 sessie het ek met 105 tellings afgekom. Met dai tempo gaan ek mos nooit vooruit kom nie. Dalk moet ek iets alternatiefs probeer soos kokonut olie, wortels, beet, rooi kopkool, canabis olie, proteine en geen suiker. Of tyd met my krieket seuns? "As jy net kan vooruitkom Stan kan jy mos die ding wen" Toe dink ek weer maar wie sê eks eintlik agter, volgens wie se skedule werk ek? en gemeet aan watter maatstaf? Stan dis nie n wedloop nie, jy veg nie eens teen kanker nie. Ek veg teen myself en ek weet wat is goed en...

Yskas liggie..

Dis presies 07h45 en Eltin Buziek se silver Yaris se toeter skreeu soos n rooi hakskeen bakvissie by n swemgala. As jy hom n tyd gee is hy pynlik stiptelik, en al staan die son stil in die onvergeeflike Paarlse hitte waar die kinders se meltande suur trek, is hy nooit sonder sy bodywarmer nie. Seker n krieket ding of hy steek dai sexy afdak weg. Ons raak aan die gesels oor die geloof oor n koppie koffie sonder suiker. Hy trek die kaarte uit die Groot swart boek en bring so n kalmte oor die mal Kamalie huishouding op n werksoggend. Voel sleg ek moet my bra n bak meusli ten minste aangebied het. Die gesels oor ons krieket en vuilspel rugbydae en hoe ons die game steeds probeer aantreklik maak al sit ons met uitdagings soos geen water en kwota stelsels. Geloof soos n mosterd saadjie. My sister Nolene stap in, laai my en sak leesstof in haar kleine rooi sportkarretjie en ons is oppad na my derde sessie vir chemo. Eks angstig en opgetof vir die dag met Theuns Jordaan se woorde "Moeni...