Skip to main content

Yskas liggie..

Dis presies 07h45 en Eltin Buziek se silver Yaris se toeter skreeu soos n rooi hakskeen bakvissie by n swemgala. As jy hom n tyd gee is hy pynlik stiptelik, en al staan die son stil in die onvergeeflike Paarlse hitte waar die kinders se meltande suur trek, is hy nooit sonder sy bodywarmer nie. Seker n krieket ding of hy steek dai sexy afdak weg. Ons raak aan die gesels oor die geloof oor n koppie koffie sonder suiker. Hy trek die kaarte uit die Groot swart boek en bring so n kalmte oor die mal Kamalie huishouding op n werksoggend. Voel sleg ek moet my bra n bak meusli ten minste aangebied het. Die gesels oor ons krieket en vuilspel rugbydae en hoe ons die game steeds probeer aantreklik maak al sit ons met uitdagings soos geen water en kwota stelsels. Geloof soos n mosterd saadjie.

My sister Nolene stap in, laai my en sak leesstof in haar kleine rooi sportkarretjie en ons is oppad na my derde sessie vir chemo. Eks angstig en opgetof vir die dag met Theuns Jordaan se woorde "Moenie liefde laat dors word nie" in die agtergrond skiet, ons soos n rooi vlam oppad skoolstraat toe. Sister dink sy is Dominic Terreto (fast and the furious) al het sy nie die opleiding nie maar ons is betyds. Loop in die Neales van sederlaan vas en ek probeer my beste smile opsit op my Oom Ralph se dag bietjie in te kleur. Ekt n sagte plek vir die Young Peoples skrumskakel van ouds. Altyd tyd gehad vir n grappie met my en so skerp soos n minora blade met sy sêgoed "Pappa Joe" en ek voel ek betaal hom net sy dividende uit.

Die "vampire" Ina laat loop met die bloeding en vra ek moet die dokter sien en na uur terugkom. Ek gee haar n nippie bloed chat met Dok en sy is soo bly met my vordering sover. Wat sy nie weet nie is dat ek n Army het wat vir my bid en omgee. My oud tier kaptein David het terwyl hy met my sister praat oor die endurance gedoente waarmee hy malsig besig is, my eintlik inspireer om ook die sport aan te pak sodra ek kan. Gewapen met n holding cross geskenk deur my peetouers van die baai. Is ek reg vir enige zombie wat sy gevreetjie wil wys.  Ek gaan sit weer in die wagkamer waar ek die mooiste gebaar sien. 'n Ouerige paartjie kom in die wagkamer en die oom karwy die tannie in. Sy draai om en sê vir die Oom "Thank you for bringing me today" en die oom antwoord.... "It a pleasure being with a treasure like you". Dit het gevoel die oom ruk my borskas oop en gooi Guano daarop totdat my asem stink. Want hoe kan ons soms die belangrikste mense rondom ons seermaak of miskyk.

Ons is Paarl mall toe weer met die klein karretjie so klein soos n Game trollie maar ons is daar in no-time. My sister kyk wragtig teveel karretjie stories. Sy gaan koop weer my vitamine wat ek moet inkry of dit wat ons kon bekostig. En sien so baie mense en Vaalies in die vallei. Mense wat ek net op Facebook en instagram sien en wou na hulle loop en 'n like knoppie op hulle voorkoppe gaan druk. Na n vinnige gemmer slush toe is ons weer terug na die "Kanker bar" als op die huis. En loop weer in die oom vas wat my terug geruk het aarde toe na die belangrikes in my lewe.....

As ek my oë oopmaak hoor ek my afgetrede skoonpa in die tuin my pa in die kombuis besig on n breekte ding heel te toor. My vrou hoor ek agter die potte en besig om al die eendjies(kinders) in n lyntjie te hou. Skoonma wat my my kosse aandra en my ma se hartseer gebede. Vriend Brendon wat my gelekte kraan wat soos 'n klippie in die skoen was, regmaak. Terwyl ek op die naatjie van my rug moet lê sodat die "Gin"/ " Gummy berry juice" sy job doen. En eks op high alert na die gif my vandag in die derde rondte bloedbek en teen die toue gehad het maar ekt terug baklei soos Rocky balboa en my "gehoor en smaak apparaat" is weer op vol volume en ek kan aan niks vat of kan niks koud drink op die warme dag nie. Dit maak teveel eina.

Eks lekker depressed en uitgehuil al by 22h00 en skreeu van binne my voete voel asof ek op n warme dakplaat loop het en my hande soos skuur papier my mond soos die skil van n pynappel maar, ek smile al is ek amper op my kniee. Maar die pad van jou probleem en jou oplossing het ek agtergekom is dieselle lengte van jou kniee tot op die grond. Toe gee Marshall by rede om te smile die gentle giant Liason officer vir die Colts en Senior Zim cricket span ja hy was uitgerus na 2dae se toets krieket. En ek kyk op die sateliet na die AB de Villiers kolbeurte en dit laat my beter voel. Sal ma wegbly van my springbok saga video. Amasing hoe jy iemand ander kan laat voel al is jou geloof of bydrae so klein soos n mosterd saadjie..

Ek wil vra julle moet gaan kyk wie is jou yskas liggie en gaan gee dai persoon n drukkie en hou hom vir n minuut. En sê dankie jy gee lig in my lewe al is dit koud rondom jou en jy het net jouself om te gee. Dai drukkie sal die sticato noot in hulle wakker maak,



ek gaan dit more doen. Dankie vir die manne wat help met my volkshuishoudkunde ek waardeer dit. Nog n lang pad maar ek belowe julle dit gaan n lekker pad wees al lyk dit soos die Zimbabwean border.

Mooi bly
Mooi loop
Mooi ry

Stan



Comments

  1. Sterkte Stanton. Jy is vir ons Almal 'n Inspirasie. God Bless you and your Support Team.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

#TurningPoint

Junie.... 'n Baie besige en exciting maand in die Kamalie gesin sê lewe. Kom ek vertel hoekom, Lesinda my suster verjaar die 10, ek en my Pa verjaar die 13de en Ceazar en Zhete verjaar die 26ste en dan is daar nog Vadersdag ook. Die 9de was egter eers weer n dag rollercoaster dag wat ekt n kaartjie gekry om voor in die Cobra te sit. Ek was baie excited want al die kinders het gaan kuier en eks en vroulief was alleen saam die naweek. Ek beplan dat ek vir my deksel lekkerr ontbyt in die bed sou maak maar ek skrik wakker met die weirdste gevoel. So deurmekaar my medula obligata het in my poephol gesit. En sprint soos Wayde van Niekerk in die gang af en begin braak dit word roetine sodra ek iets eet moet ek hol. Maar my spoed begin afneem so papper ek raak en begin lyk soos Os Durant later. Niks bly binne en "Zelda Le Grange" moes valoids gaan kry dit het die job gedoen en als bedaar eers en ek kon my suster se verjaarsdag die volgende dag met my familie g...

Hoop

Dis 14h30 Dinsdag 27 Maart en ons is besig om deur die laaste boarding gate deur te gaan oppad na die vliegtuig. Ons word gestop en meeste van ons toiletries word afgevat volgens die reëls. Die kuier oppad na ons vriende in Uganda begin op n slegte nood en ek moes my vrou opbeur nes sy my moes opbeur toe tyd aan my kant afgevat was. "Liefie ons kan dit vervang maar vir jou kan ek nie vervang nie. Sy wou die goed vir naaste KFC vat en vra of hulle dit kan hou tot ons terugkom. Dit het my laat dink, wens ek kon my siekte iewers solank bêre en doen wat ek wil doen, terugkom en dan voort gaan met die geveg, maar die lewe werk anders. Ons vertrek so 30 minute laat oppad Addis Ababa toe en die 6ure en 30 minute het soos 'n ewigheid gevoel veral met 'n verveelde 7jarige en my boude voel soos Rudy Paige sin van op die plaas vervanger bankie moes sit. Op Addis wag daar n vliegtuig vir ons en ons spring op die volgende een oppad Entebbe toe Uganda! Als verloop seepglad sov...

Tot my piering loop oor...

Julle sal met my saam stem hoe ander jou kan laat voel. Dit reen en almal is somaar in n goeie mood in die Kaap. Die splinternuwe uit die boks uit Tamaryn Green vertrots die Paarl toe sy die kroon wen, en die Aswhin Wilemse woord judo met sy kollegas hoe dit ons almal laat voel het. Ons almal het n verantwoordelikheid want ons het almal 'n impak op ander se lewe....ek het mos n hekel aan of n "broertjie dood" soos Dieksie van Worcester altyd sal sê, as mense net aan hulself dink en glad nie worry hoe hul ander laat voel nie. Ek stem saam met Jo Black wie se missie statement is, om iemand soos iemand te laat voel want niemand verdien om soos niemand te voel nie. Dit sê baie van jou karakter hoe jy kan sit met konings en dieselfde tyd met die hawelose ook. Ek het so 'n lekker moedersdag gehad met my eie ma en my skoonma en my vrou te lekker seker want eks huistoe met erge pyn en n koue koors ekt gebewe soos iemand wat toegesluit was in n walking fridge. Eks...