Skip to main content

Tyd



Time heals everything. Ek voel sleg na die laaste sessie en die kopwurms is besig met my. Sal ek kan vooruit kom? En die mannekoor begin sing in my agterkop. Ek dink ek is agter met my tellings en begin my run rate uitwerk as ek die game waarin ek myself bevind wil wen. As my kanker tellings 3800 was en ek het 12 sessies van chemo dan moet my tellings met 316,6666666666 afkom met elke sessie. Dis die run rate wat ek sal moet handhaaf. Met my vorige toets na 1 sessie het ek met 105 tellings afgekom. Met dai tempo gaan ek mos nooit vooruit kom nie.



Dalk moet ek iets alternatiefs probeer soos kokonut olie, wortels, beet, rooi kopkool, canabis olie, proteine en geen suiker. Of tyd met my krieket seuns? "As jy net kan vooruitkom Stan kan jy mos die ding wen" Toe dink ek weer maar wie sê eks eintlik agter, volgens wie se skedule werk ek? en gemeet aan watter maatstaf? Stan dis nie n wedloop nie, jy veg nie eens teen kanker nie. Ek veg teen myself en ek weet wat is goed en sleg vir my. As ek net kan vooruit kom kan ek bietjie rus.... nee rus as jy wil, vooruit kom met kanker bestaan nie.



Rus die don cliché wat die heeltyd vir my gepreek word. Rus is 'n gawe en nie n beloning nie en dis nie n stokperdjie waaruit lui mense voordeel trek nie. Dit is so ingeborduur in ons anatomie en die liggaam moet rus. Rus is ook nie n produk as jy sukses bereik het nie so ek hoef nie vooruit te kom om te rus nie. Sommige rus die dag as hy sy houtpak aantrek en almal stuur whatsapps van RIP.



Tyd is wat ons nodig het en moet gebruik, die duurste geld eenheid om enigiets te kan doen en dit is wat ek nodig het om my vrese aan te pak. Ek het die dood gevrees en ek het vrede gemaak daarmee en ek vrees dit nie meer nie. Het ek genoeg tyd vir my vrou om haar te bewys hoe lief ek haar het?genoeg tyd met die kinders? Genoeg tyd om die volgende rek te betaal? Tyd het my oor my vrese gebring en my die geleentheid gegun om vrede te maak met my vrese. Ek vrees niks meer nie. Sodoende mors ek nie meer tyd op my gremlins nie, en so raak die mannekoor al hoe stiller on my agterkom.



My vrou lees my die gedig van Ruby Dhal terwyl ek lê en voel soos n hoogs swanger vrou in Januarie in die Paarl.

Dont feel sorry
For hurting
For tearing
For bruising
the way you do
Your only human darling
- you're only human.

Ruby Dahl



En al nip ek want my Kaptein(God) het die lood gewen op groen Nuweland blad met n bouler minder in die span en Hy het besluit ek moet gaan kolf. En met ons telling op 13/3 voel ek soos AB de Villiers nou, vreesloos en dit voel of ek op n mak blad kolf. Eks nou op n ander wicket. Omring en geseend deur beskerming engele wat God na my toe stuur. Eks heilig dankbaar vir dit als. If everyone is behind you, who can be against you.



Mooi loop
Mooi wees
Mooi tyd

Stanton

Comments

  1. I am not saying this because I am in need, for I have learned to be content whatever the circumstances. I know what it is to be in need, and I know what it is to have plenty. I have learned the secret of being content in any and every situation, whether well fed or hungry, whether living in plenty or in want. I can do all this through him who gives me strength.
    Philippians 4:11‭-‬13 NIV

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

#TurningPoint

Junie.... 'n Baie besige en exciting maand in die Kamalie gesin sê lewe. Kom ek vertel hoekom, Lesinda my suster verjaar die 10, ek en my Pa verjaar die 13de en Ceazar en Zhete verjaar die 26ste en dan is daar nog Vadersdag ook. Die 9de was egter eers weer n dag rollercoaster dag wat ekt n kaartjie gekry om voor in die Cobra te sit. Ek was baie excited want al die kinders het gaan kuier en eks en vroulief was alleen saam die naweek. Ek beplan dat ek vir my deksel lekkerr ontbyt in die bed sou maak maar ek skrik wakker met die weirdste gevoel. So deurmekaar my medula obligata het in my poephol gesit. En sprint soos Wayde van Niekerk in die gang af en begin braak dit word roetine sodra ek iets eet moet ek hol. Maar my spoed begin afneem so papper ek raak en begin lyk soos Os Durant later. Niks bly binne en "Zelda Le Grange" moes valoids gaan kry dit het die job gedoen en als bedaar eers en ek kon my suster se verjaarsdag die volgende dag met my familie g...

Hoop

Dis 14h30 Dinsdag 27 Maart en ons is besig om deur die laaste boarding gate deur te gaan oppad na die vliegtuig. Ons word gestop en meeste van ons toiletries word afgevat volgens die reëls. Die kuier oppad na ons vriende in Uganda begin op n slegte nood en ek moes my vrou opbeur nes sy my moes opbeur toe tyd aan my kant afgevat was. "Liefie ons kan dit vervang maar vir jou kan ek nie vervang nie. Sy wou die goed vir naaste KFC vat en vra of hulle dit kan hou tot ons terugkom. Dit het my laat dink, wens ek kon my siekte iewers solank bêre en doen wat ek wil doen, terugkom en dan voort gaan met die geveg, maar die lewe werk anders. Ons vertrek so 30 minute laat oppad Addis Ababa toe en die 6ure en 30 minute het soos 'n ewigheid gevoel veral met 'n verveelde 7jarige en my boude voel soos Rudy Paige sin van op die plaas vervanger bankie moes sit. Op Addis wag daar n vliegtuig vir ons en ons spring op die volgende een oppad Entebbe toe Uganda! Als verloop seepglad sov...

Tot my piering loop oor...

Julle sal met my saam stem hoe ander jou kan laat voel. Dit reen en almal is somaar in n goeie mood in die Kaap. Die splinternuwe uit die boks uit Tamaryn Green vertrots die Paarl toe sy die kroon wen, en die Aswhin Wilemse woord judo met sy kollegas hoe dit ons almal laat voel het. Ons almal het n verantwoordelikheid want ons het almal 'n impak op ander se lewe....ek het mos n hekel aan of n "broertjie dood" soos Dieksie van Worcester altyd sal sê, as mense net aan hulself dink en glad nie worry hoe hul ander laat voel nie. Ek stem saam met Jo Black wie se missie statement is, om iemand soos iemand te laat voel want niemand verdien om soos niemand te voel nie. Dit sê baie van jou karakter hoe jy kan sit met konings en dieselfde tyd met die hawelose ook. Ek het so 'n lekker moedersdag gehad met my eie ma en my skoonma en my vrou te lekker seker want eks huistoe met erge pyn en n koue koors ekt gebewe soos iemand wat toegesluit was in n walking fridge. Eks...