'Ek glo mense met doelwitte leef langer of jy nou terminaal siek of gesond is maak vir jouself doelwitte en jy sal maklik by jou doelstellings uitkom'
Vandag was rondte 4 en dit was n rondte wat ek nie gewen het nie. Ek was in die boksgeveg vir die meeste van die tyd teen die toue met houe van ooral. Ek moes net my kom laat sak en die houe vat. My mondskerm het doer gevlieg soos ek bloedbek met my stert tussen my bene moes terugstap na my kampie toe. En my mond afvee aan my "Faith" wat Lesinda vir my gegee het.
Met bewende bene brandende hande en voete het ek gaan sit in die hoekie, ek en my grootste lewens coach(My Pa) het n onderonsie en n woord judo en ek loop respekvol weg daarvan. Hys steeds my held my trane rol want hoe kon ek toelaat dat hy my oor my vingers tik oor my water verbruik en hoe durf ek oor my geallokeerde eenhede gaan? Was sy vraag aan my.... Sorry coach moes ek gesê het. En aanvaar wanneer jy verkeerd is of dit nou in jou verhouding is, met n kollega of die huwelik. Erken jys verkeerd, maar baie van ons bly net stil, sê eks jammer uiter die woorde "Eks jammer ek was verkeerd"
Ek staan op van my stoeltjie en sê myself, "Ruk jouself reg Stanton" more is een van jou doelwitte net n paar uur weg. Vergeet van jou worries oor rekeninge ens. Dinge sal uitwerk op God se tyd nie mens sin nie. Ek het 4 van my doelwitte sover bereik. Kronologies....... Ek was op toer met die seuns, bes gemanierd, jong manne met jong harte van goud en n klomp kopwurms. Met n span bestuurder Ian Uys wat ek glo is die skerpste en slimste mens op die aardbol. Hys n lopende Wikipedia en ek is die spons. Doelwit nr 1 tick!
Ek het 1800km gereis maar ek het my skoonma se 60ste verjaarsdag net betyds gemaak 2 ure voor die klok 24h00 begin brul het. Stap ek en my swaer daarin by die mees intiemste party en ek langarm dans met my bruid onder die helderste melkweg 10km buite Plettenbergbaai met n mak takbok, 2 labradors en n kollige greatdane ook op die dansvloer. 'n Bongo vuur wat kletter en saamgsing terwyl Micheal Buble n deut met Italiaanse meise sing "O darling save the laste dans for me" Doelwit nr 2 tick!
Eks deur my 4de sessie ook maar deur mense familie en vriende wie se whatsapps en oproepe my deurgedra het. Ja ekt supporters deskant die toue wat vir my aancheer! So eronies ek het jare terug vir hulle gedirigeer nou dirigeer hulle vir my! Ja glo dit of nie of jy nou van Bredasdorp tot in Europa sit is julle soos n Spekboom in my lewe. En te danke aan Ian weet ek nou dis die plant wat die meeste koolstofdioksied ontrek en dan suurstof vrystel. Ons moet soos n Spekboom wees vir mekaar. En vat die koolstofdioksied uit ons onderonsies en woord judo's en maak suurstof daarvan deur te sê "Ek jammer" Doelwit 3 Tick!
Gister middag was een dai hoera oomblikke toe die 1996 eerste span senterpaar Eugene Kinghorn en Renier Bester oor my drimpel stap en langs my kom lê op die bed en met my kom gesels. Ek kon vir hulle toe skaamteloos sê hoe ek hulle beny op skool en ek my rugby op hulle spel gebaseer het want ek het gelo dit is wat Mnr Hannes Visagie gesoek het in n senter. Ek wou so graag die eerste speler van kleur gewees het om die dai blou, ligblou en wit trui oor my kop te trek, wel dit het nie nie so gebeur nie. Die voorreg kon nie aan n beter ou as Gurtho Steenkamp gebeur nie. En ek glo dit of nie ek het Gurtho van die veld op my skouers afgedra na interskole. Wela kapela!
Dankie Gents en mag die steak klub van krag tot Gout groei. Hou aan met dai "me-time" dis belangrik daarom beplan ek en my swaers n roadtrip.
Vandag begin my oudste dogter Kiné se eerste jaar op Hoërskool my middelste kind Seneca se laaste jaar op die laêrskool en my jongste Savannah se eerste jaar op skool. Toevallig seker en glo my nie so beplan nie. Dis soos n agterlyn beweging wat net werk. Ek het dit ervaar eks heilig dankbaar en trots op my minions. My dogters, sjoe en die enigste hare rys op my rug want ek weet nou hoekom die "Chief" vir my dogters gegee het. Doelwit 4 done tick!
Ek glo mense met doelwitte leef langer of jy nou terminaal siek of gesond is maak vir jouself doelwitte en jy sal maklik by jou doelstellings uitkom.
Mooi bly
Mooi loop
Stel mooi doelwitte en fight daarvoor.
Salute!
Stanton "Steaks" Kamalie

Comments
Post a Comment