Skip to main content

Maak vrede


"Dopamine is a neurotransmitter that helps control the brain's reward and pleasure centers. Dopamine also helps regulate movement and emotional responses, and it enables us not only to see rewards, but to take action to move toward them"




Ek voel die sagte handjies van my dogtertjie "Daddy I need to pee" sy het deur die nag agter my rug kom inkruip. Met toe bot oë vloetslepend in die gang af agter haar aan. Sys bang om in die donker gang af te loop oppad badkamer toe. "Daddy my tummy is paining Daddy" en ek sien die allemuntige drifter wat uit dai piepse klein lyfie uitgekom het en ek skrik my wawyd wakker. "I think you are constipated Lovey" En die keer met oop oë stap ek en sy in als was terug bed toe! "Ek moet rus more is chemo my bra" mompel die mannekoor weer in my brein. Maar die dopamine loop kwylend langs my mond af. 03h00 begin sy braak en die keer hardloop ons weer badkamer toe. Sys sterk, sy sien wat haar pa doen. Behalwe as dit met my gebeur hardloop sy na haar ma toe of is al getrain om iemand op whatsapp call te bel as die paupau die fan strike! My liggaan voel soos toe Dr George Botha my mond doodgespuit het half lam.  Urienweg infeksie is die gediagnoseer en my dokter is bang ek het ook die virus of kiem gekry en ek is huistoe gestuur en moet na medikasie die volgende dag kom vir my Gin en tonic.



My onkoloog Dr Punt was te bang om my die cocktails te gee want daar was n moontlikheid dat ek ook aangesteek is. Eks met stert tussen my bene huistoe gestuur. In die anderkant kan ek my vrou gaan help met Savannah. Is nie lekker om haar so te sien lê nie pap maar steeds sterk. "Please aunty done break my bones" is al wat sy vir die sister gesê het en dit het ons almal wee laat lag. Liefde... Sy is haar pa se "seuntjie" en is tog is sy n klein Stantontjie is n meisiekind se lyf. En ek het weer vrede in my hart al is sy nog nie gesond nie. Dis asof n klip van my hart afgerol het. Ek het ook besef die afgelope tyd dat ons moet vrede maak. Maak vrede met jou situasie, werk, finansies, omstandighede, siektes en die dood. Ekt vrede gemaak met dit als en nou lewe ek.




Wayne Liebenberg is n boom wat geval het, die week, en hy was so besorg oor my en toe moes ek hom groet. Rus sag ou maat. Die twygie wat n groot boom geraak het is ontwortel en na n beter plek en ek hoop jy kry vrede en rus sag my bra asook sy naastes. Seer....Laat my dink hoe Jonah Lomu sy vriend Joost van der Westhuisen kom groet het en toe sterf hy ook voor Joost. Kom ons maak vrede ons het meer in gemeen as wat jy dink.



My vriende wat kom kuier bring elkedag ietsie goed van hulself.....tyd. Hopenlik stap hulle by my voorhekkie uit met vrede. Adolf Stofberg het Oxford woorde in my keelgat afgegooi moeilik om te sluk maar so baie sin Oxytocin en dopamine en hoe ons die vrese kan aanspreek. En ons brein kan manipuleer om meer positief te dink. En hoe ons vinniger dai reis kan aanpak. Van punt A tot B.



Vandag was n dag van uitdagings en ek wou graag al gister my chemo gehad het want ek wil goed voel vir kind se atletiek. Maar ek is tog nie die skrywer van my movie nie eks maar net die byspeler en God in die hoofrol. My port het in my linkerbors waardeer ek my chemo oor 48uur ontvang het, gedraai en ek kon nie juice vat nie. Ek moes gaan vir n portogram en daar was gelukkig geen kinkels in die kabel nie. Dit tap mens emosioneel. En jy voel jys gedrop uit die span vir geen rede volgens jou nie, maar dis nooit die einde van die storie nie. Jou liedjie gaan speel en dan moet jy opspring en dans ons moenie opgee nie.



Ons kan nie altyd kies nie ons kan nie altyd reguit bou nie maar ons moet "Bly" in die oomblik in elke oomblik rondom ons. Dankie Andy Whitfield. Al wil die kleintjie my vra om haar modderkoekies te proe my ander kinder vra "Daddy help me with this speech" moet ons in die "Nou" bly en vrede maak.

https://youtu.be/wE_Y5brW-ZE

Ek maak vrede vandag dat ek so pap is soos n Johannesburg se vars water snoek is. Maar my hartklop nader en hoe sal ek dit ooit verstaan. Maar dan stap die Melkman en sy lieflike vrou met die grootste Gentlemen van Somerset wes n gebed van Marie en haar "army" n gatskop boodskap uit Uganda en hoop uit die karoo en Bredasdorp geseel met liefde van my vriende en al die galpille al maak hy brille. Dis netso asof ja asof my vredes fliek agtergrond musiek by gekry het.

Mooi loop
Mooi dink
Mooi maak met vrede

Stanton

Comments

  1. 💙 God seën jou my vriend. Jy is ñ blessing vir baie.

    Celeste Abrahams

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

#TurningPoint

Junie.... 'n Baie besige en exciting maand in die Kamalie gesin sê lewe. Kom ek vertel hoekom, Lesinda my suster verjaar die 10, ek en my Pa verjaar die 13de en Ceazar en Zhete verjaar die 26ste en dan is daar nog Vadersdag ook. Die 9de was egter eers weer n dag rollercoaster dag wat ekt n kaartjie gekry om voor in die Cobra te sit. Ek was baie excited want al die kinders het gaan kuier en eks en vroulief was alleen saam die naweek. Ek beplan dat ek vir my deksel lekkerr ontbyt in die bed sou maak maar ek skrik wakker met die weirdste gevoel. So deurmekaar my medula obligata het in my poephol gesit. En sprint soos Wayde van Niekerk in die gang af en begin braak dit word roetine sodra ek iets eet moet ek hol. Maar my spoed begin afneem so papper ek raak en begin lyk soos Os Durant later. Niks bly binne en "Zelda Le Grange" moes valoids gaan kry dit het die job gedoen en als bedaar eers en ek kon my suster se verjaarsdag die volgende dag met my familie g...

Hoop

Dis 14h30 Dinsdag 27 Maart en ons is besig om deur die laaste boarding gate deur te gaan oppad na die vliegtuig. Ons word gestop en meeste van ons toiletries word afgevat volgens die reëls. Die kuier oppad na ons vriende in Uganda begin op n slegte nood en ek moes my vrou opbeur nes sy my moes opbeur toe tyd aan my kant afgevat was. "Liefie ons kan dit vervang maar vir jou kan ek nie vervang nie. Sy wou die goed vir naaste KFC vat en vra of hulle dit kan hou tot ons terugkom. Dit het my laat dink, wens ek kon my siekte iewers solank bêre en doen wat ek wil doen, terugkom en dan voort gaan met die geveg, maar die lewe werk anders. Ons vertrek so 30 minute laat oppad Addis Ababa toe en die 6ure en 30 minute het soos 'n ewigheid gevoel veral met 'n verveelde 7jarige en my boude voel soos Rudy Paige sin van op die plaas vervanger bankie moes sit. Op Addis wag daar n vliegtuig vir ons en ons spring op die volgende een oppad Entebbe toe Uganda! Als verloop seepglad sov...

Tot my piering loop oor...

Julle sal met my saam stem hoe ander jou kan laat voel. Dit reen en almal is somaar in n goeie mood in die Kaap. Die splinternuwe uit die boks uit Tamaryn Green vertrots die Paarl toe sy die kroon wen, en die Aswhin Wilemse woord judo met sy kollegas hoe dit ons almal laat voel het. Ons almal het n verantwoordelikheid want ons het almal 'n impak op ander se lewe....ek het mos n hekel aan of n "broertjie dood" soos Dieksie van Worcester altyd sal sê, as mense net aan hulself dink en glad nie worry hoe hul ander laat voel nie. Ek stem saam met Jo Black wie se missie statement is, om iemand soos iemand te laat voel want niemand verdien om soos niemand te voel nie. Dit sê baie van jou karakter hoe jy kan sit met konings en dieselfde tyd met die hawelose ook. Ek het so 'n lekker moedersdag gehad met my eie ma en my skoonma en my vrou te lekker seker want eks huistoe met erge pyn en n koue koors ekt gebewe soos iemand wat toegesluit was in n walking fridge. Eks...