Skip to main content

Vergifnis



Die Proteas se one day span en T20 span se kolfwerk het my die afgelope Sondag na my asem laat snik dat my vrou besluit het ek moet ongevalle toe gaan. 'Moet ek jou invat Stanton? "Ek bel nou die noodnommer van die onkologie" ek wonder toe hel, sal ek die Proteas kan klaar kyk voor ons ry? En ek weet ek sal een van dai lemkyke kry as ek dit moet noem.... soos n stout seuntjie wat gevang was rook op die skoolgronde stap ek kar toe. Vroulief se orders jy gaan nou hospitaal toe.

Met my trunkie somaar onder my jean short voel ek reg indien hulle my somaar opneem. Kort net roll on en spray en miskien n tandeborsel. Nee my sakkie was gepak en later afgelewer want ek word toe juis opgeneem want my witbloedsel telling was 45 000 en moes onder 10 000 gewees het. Iewers is daar infeksie of iets is nie 100 nie. Nadat ek 17h00 by die ongevalle aangekom het word ek 22h00 opgeneem saal B bed 15 Paarl Medi clinic.


Word gegroet deur n afgetrede onderwyser, oud Poelies man en n visserman. En ek maak die awesome foursome vol met die simboliese waterval agter my ore luister ek na die drie wyse manne. En n nurse uit Dubia dankie Joan jyt my dag gemaak. 



Het iemand jou al seergemaak of jou telleurgestel? Was die topic en dit val so mooi in harmonie soos die Laerskool La Rochelle se dogterskoor met my afgelope week. Want ek het besluit ek gaan mense omverskoning vra en vra vir vergifnis vir die wie ek in die lewe al gedrop het.  En die gesprek was soos n klap in my bek en het my net lus geraak vir meer en meer. Ek het geluister na die oud onderwyser wat my sê my klong. "Om te vergewe is om te laat gaan dit wat jy gedoen het of aan iemand anders gedoen het. En ek voel toe somaar ligter want my goeie vriend Bernhard Bailey het vir my kom kuier en ek kon vir hom sê eks jammer my bra. En met n glimlag op sy gesig en n traan in sy oog het hy dit aanvaar. Ligter...... 


Ek het in die noodkamer my ewebeeld Rupert Bailey toevallig nog n Bailey, dis nou n bra vir wie ek my laaste Rolo sou gee maar ekt hom gedrop in die verlede en ek kon hom vra vir vergifnis. Hyt dit aanvaar, met n glimlag op sy gebaarde gesig en n traan in sy oog. Hoekom het ek dit nie al lankal gedoen nie? Hoekom moes ek wag tot ek siek raak en hoop diegene is simpatiek teenoor my? En ek moet bieg dai Rolo sou die diabeet self gechow het so vinnig as wat jy kan sê insulien! Maar ek bly lief vir jou Pat. Dankie Bernhard vir jou bydrae in my lewe, die goed en die baie goed.




Skielik stop my "Uber" met sy rolstoel "Mnr Kamalie ekstrale wag vir u oppad na die CT scan want hul vermoed die kanker het versprei na my longe of dit is n bloedklont of daar is erge infeksie in my longe. Oppad ekstrale toe chat ek en my Uber driver wat 'Kom ons braai' al gewen het lekker oor die en dai wat ons raakloop op onse eie N1. Die CT scan was n nare ervaring met die warme broffie wat hulle in my liggaam inspuit en jy moet stil lê terwyl jy voor en agter gestoot word deur n macgafther wat soos n helse dougnut lyk. 

Terug in die kamer het die gesels kanaal verander na visvang en toe klap die tonge! "My kind jy vat jou tyd as jy vis eet" Die grate is gevaarlik en jy eet nie vis met brood nie. "Boeta jy moet n vis bloei veral n galjoen ens dan sal jy nie are sien in die vis nie. Nes jy bok laat uitbloei" Sjoe my spons staan toe al dik van die intellektuele kapitaal en my simboliese beursie lyk asof hy sopas van n 'gangfight' afkom.



Eks jammer my vrou vir al die keure wat ek jou seergemaak het. Liefie eks soo bitter jammer...Engel eks soooooo sooooo jammer. Oefen ek hoe ek my vrou omvergifnis vra. So senuweeagtig soos n poep in n kerkdiens voel ek. Wies nog op my lys. My ouers my skoon ouers my sisters my skoonsister o hel die lys raak lank maar dit is n doelwit nou en dit gaan ek regkry. Onthou mense met doelwitte leef langer! Ligter..... Hel na die uitdaging gaan my gewete in remiesie wees. Kan nie wag nie..



Almal kom kuier en dit put my uit. Die slaap is min deur die dag en my liggaam is dikbek met my. Net bly ek kon mense weer om een bed kry. Veral die vir wie ek die liefste is. Toet! toet! Weer my Uber weer ekstrale toe die keer vir n pynlike portogram. Dit om te kyk of my port waardeer ek my chemo ontvang nie dalk iewers lek nie en aldus my kort van asem maak. 

Met die terugkom het die manne verminder in ons eie raadsaal. Die visser man het sy nier laat verwyder en ek weet van niks hys gediagnoseer met nierkanker en die oud onderwyser is terug Malmesbury toe die dorp met die 2 robots en die snaakste stopstraat soos jy hom groet. 

Maar dankie Ooms dat julle my vergifnis ekskursie geseel het met jul ondervinding uit die ouderdoos. Ek wens ons jong mense kan meer luister na die ouer garde en hul wysheid en ons energie trou! Wow watse kombinasie is dai nie! Ons raak mos eers volwasse na ons 30 raak en dan kom spook spyt by ons. Kom ons sê jammer vir mekaar man ons let byecons be byecons in my slegste Ingils.



Jammer aan almal vir wie ek lelik mee was of seergemaak het of met wie ek nie my laaste Rolo gedeel het nie. 

Eks jammer! Vergewe my!

Mooi loop
Mooi wees met mekaar
Mooi sê eks jammer!


Stanton

Comments

  1. Wow ItIis alwaal a delightdto readryourythoughts MaybMabeibe in aasisituati or inithe now makes you see thithi differently. Yes forgiveness is a powerful tool I don't think people realise the impact it holds. Holds you captive or holds you free.. It is a choice. Let me choose free; to be humble, let the anger die, let my thoughts be clean and pure, see beautyb, experience & gigi kindness laugh out loud, not be critical and judgemental. Stanton you challenge us to thith introspectively. How cool is it to be free and unburdened and by asking forgiveness to receive forgiveness and more. Thank you for your thoughtful approach to see beyond the now and into a futures.

    ReplyDelete

Post a Comment

Popular posts from this blog

#TurningPoint

Junie.... 'n Baie besige en exciting maand in die Kamalie gesin sê lewe. Kom ek vertel hoekom, Lesinda my suster verjaar die 10, ek en my Pa verjaar die 13de en Ceazar en Zhete verjaar die 26ste en dan is daar nog Vadersdag ook. Die 9de was egter eers weer n dag rollercoaster dag wat ekt n kaartjie gekry om voor in die Cobra te sit. Ek was baie excited want al die kinders het gaan kuier en eks en vroulief was alleen saam die naweek. Ek beplan dat ek vir my deksel lekkerr ontbyt in die bed sou maak maar ek skrik wakker met die weirdste gevoel. So deurmekaar my medula obligata het in my poephol gesit. En sprint soos Wayde van Niekerk in die gang af en begin braak dit word roetine sodra ek iets eet moet ek hol. Maar my spoed begin afneem so papper ek raak en begin lyk soos Os Durant later. Niks bly binne en "Zelda Le Grange" moes valoids gaan kry dit het die job gedoen en als bedaar eers en ek kon my suster se verjaarsdag die volgende dag met my familie g...

Hoop

Dis 14h30 Dinsdag 27 Maart en ons is besig om deur die laaste boarding gate deur te gaan oppad na die vliegtuig. Ons word gestop en meeste van ons toiletries word afgevat volgens die reëls. Die kuier oppad na ons vriende in Uganda begin op n slegte nood en ek moes my vrou opbeur nes sy my moes opbeur toe tyd aan my kant afgevat was. "Liefie ons kan dit vervang maar vir jou kan ek nie vervang nie. Sy wou die goed vir naaste KFC vat en vra of hulle dit kan hou tot ons terugkom. Dit het my laat dink, wens ek kon my siekte iewers solank bêre en doen wat ek wil doen, terugkom en dan voort gaan met die geveg, maar die lewe werk anders. Ons vertrek so 30 minute laat oppad Addis Ababa toe en die 6ure en 30 minute het soos 'n ewigheid gevoel veral met 'n verveelde 7jarige en my boude voel soos Rudy Paige sin van op die plaas vervanger bankie moes sit. Op Addis wag daar n vliegtuig vir ons en ons spring op die volgende een oppad Entebbe toe Uganda! Als verloop seepglad sov...

Tot my piering loop oor...

Julle sal met my saam stem hoe ander jou kan laat voel. Dit reen en almal is somaar in n goeie mood in die Kaap. Die splinternuwe uit die boks uit Tamaryn Green vertrots die Paarl toe sy die kroon wen, en die Aswhin Wilemse woord judo met sy kollegas hoe dit ons almal laat voel het. Ons almal het n verantwoordelikheid want ons het almal 'n impak op ander se lewe....ek het mos n hekel aan of n "broertjie dood" soos Dieksie van Worcester altyd sal sê, as mense net aan hulself dink en glad nie worry hoe hul ander laat voel nie. Ek stem saam met Jo Black wie se missie statement is, om iemand soos iemand te laat voel want niemand verdien om soos niemand te voel nie. Dit sê baie van jou karakter hoe jy kan sit met konings en dieselfde tyd met die hawelose ook. Ek het so 'n lekker moedersdag gehad met my eie ma en my skoonma en my vrou te lekker seker want eks huistoe met erge pyn en n koue koors ekt gebewe soos iemand wat toegesluit was in n walking fridge. Eks...