Die is seker een van die moeilikste tye van die jaar vir gesond eet en hou by siklus wat jou liggaam van jou vereis. En dit is wat ek ervaar die af afgelope paar dae....... Die Kersgety is n tydperk wanneer ons met ons familie uithang of jy nou wil of nie. Ek is gelukkig in die "wil" kampie. Jy moet twee families inpas in 10 ure en daar was besluit deur my eie "Patricia De Lil", my vrou, ons eet by my ma en nagereg by skoonma. Ok maram dis reg, onthou "Happy wife Happy life" My familie, bloed en skoon, is vir my soos engele wat my weer op die been gebring het toe my vlerke vergeet het hoe om te vlieg. En skielik het my familie die afgelope tyd verdubbel. Lucky né. Dit is die mense wat vir ons belangrik moet wees want hulle gee ons betekenis. My liggaam is baie vatbaar vir infeksies en Dr Punt het my gevra om net my vrou op die mond te soen. Dis n deal... min te weet moes ek die afgelope paar dae soos n amperse Fransman almal kantsoene gee. Ek het later n...